Eina vir Sasol op JSE ná brand in Amerika

16 January 2020 | Energie
Francois Williams – Sasol se aandeelprys het Dinsdag met 4% geval ná ’n ongeluk by sy chemiese aanleg by Lake Charles in Louisiana, Amerika.

Die ontploffing en brand Maandagmiddag Amerikaanse tyd by sy laedigtheid-poliëtileeneenheid (LDPE) gaan die voltooiing van die aanleg vertraag, het Sasol in ’n aankondiging op Sens, die JSE se nuusdiens, laat weet.

Dit blyk niemand is beseer nie. Die brand is geblus en alle werknemers en kontrakteurs is veilig, volgens Sasol.

Die ongeluk raak egter Sasol se planne om die nuwe chemiese aanleg betyds te voltooi. Die LDPE-eenheid was in die finale fases om in kommersiële produksie geplaas te word, maar is nou gesluit en ’n ondersoek word gedoen om vas te stel wat die ontploffing veroorsaak het, hoe erg die skade is en wat die impak is op die tydskaal om die aanleg in bedryf te stel.

Volgens Sasol is al die ander eenhede by die Lake Charles-aanleg, soos die etaankraker, nie geraak deur die voorval nie.

Daar is nog drie produksie-eenhede wat in aanbou is, wat ook nie geraak is deur die ontploffing by die LDPE-eenheid nie. LDPE is een van die basiese boustene vir plastiekprodukte soos plastieksakke, kleefplastiek, weggooibare koppies, houerdeksels of sekere speelgoed.

Teen Dinsdag laatmiddag was Sasol se aandeelprys 4% laer op R296,11. Sy beste vlak oor die afgelope 12 maande was R489,50, volgens Bloomberg-data. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Regbank kan nie alleen pa staan vir tydige geregtigheid,...

4 ure gelede | Howe

Denver Kisting - Hoofregter Peter Shivute sê die publiek verwag ’n regstelsel wat geregtigheid spoedig en regverdig lewer.Hoewel die regbank hul bes doen om regverdigheid...

Fopnuus tydens die verkiesing

5 ure gelede | Politiek

Navorsers verbonde aan die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), mnr. Frederico Links en me. Martha Nangolo, deel vanoggend hul bevindings oor fopnuus wat voor, tydens...

Verskeie staatskole in Windhoek sonder water, krag

7 ure gelede | Onderwys

Meer as tien staatskole in Windhoek is reeds vir dae sonder krag en water, nadat toevoer deur die munisipaliteit afgesny is. Die skole wat geraak...

Hardapkrane lóóp

7 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Watertoevoer in die besproeiingskanaal op die Hardapskema het reeds 05:00 vanoggend weer afgeskop. Dit volg nadat NamWater se uitvoerende hoof, mnr. Abraham...

‘Skaapdiefstal’ lei tot treurspel ...

16 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die beweerde diefstal van 30 skape by ’n bekende ruskamp buite Keetmanshoop het Maandag glo tot die dood van ’n vermeende skaapdief,...

’n Uitspansel vol belofte

16 ure gelede | In beeld

Mnr. Ettienne Rossouw het dié foto gistermiddag om 15:00 in Suid-Namib geneem en op die Facebook-blad “Namibië Reënval” gedeel. “Kyk hoe bou die wolke. Belowend!”...

Itula slyp sy tande opnuut

16 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Dae nadat die hooggeregshof beslis het Namibiërs keer nie terug stembus toe nie, het die voormalige onhafhanklike presidensiële kandidaat, dr. Panduleni Itula,...

Corona draai in parlement

16 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Die Swapo-agterbanker en parlementslid me. Pendukeni Iivula-Ithana het gistermiddag die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Itah Kandjii-Murangi, oor die...

Krokodil val man aan

16 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg Omstanders het tevergeefs probeer om 'n 45-jarige man uit die kake van 'n krokodil in die Zambezirivier by Impalila-eiland te red. Volgens die...