Eiesoortige kunsmark
Eiesoortige kunsmark

Eiesoortige kunsmark

Lloyd Zandberg
The Project Room, ‘n onafhanklike galery in Windhoek, bied môre in samewerking met die Namibiese Kunsvereniging (NAA) ‘n eksklusiewe, interaktiewe kunsmark, Art in Action, in Onafhanklikheidsrylaan aan.

Die pop-up-markie sal by Cramer’s by die FNB-gebou plaasvind.

By Art in Action sal bekende kunstenaars hul talente en vermoëns wys. Die kunstenaars kry elkeen ‘n klein ateljee waarin hulle kan skep.

Die geleentheid word deur die Nasionale Kunsteraad van Namibië geborg.

Frida Lühl, die eienaar en stigter van The Project Room, is een van die meesterbreine agter Art in Action.

“2019 was 'n buitengewone jaar vir The Project Room. Ons het 'n groot aantal uitstekende uitstallings gehad en elke maand 'n nuwe kunstenaar of groep kunstenaars se werk ten toon gestel. As die enigste aktiewe onafhanklike galery, is The Project Room baie tevrede met wat ons vermag. Ons kry baie interessante uitstallings- en werkswinkelvoorstelle wat ons volgende jaar sal probeer akkommodeer.”

Lühl sê die galery trek deesdae selfs internasionale aandag.

“Ons beplan vir volgende jaar twee projekte deur internasionale kunstenaars, van Duitsland en die VSA. Ons kalender is vol vir 2020, met groep- en gemeenskapsuitstallings, ekspo's, werkswinkels en solo-uitstallings deur die beste van ons plaaslike kunstenaars.”

Aangesien die Project Room binnekort vir die jaar sluit, is Frida ten volle by Art in Action betrokke.

Dié konsep broei al ‘n geruime tyd in haar kop. Ná vele vergaderings en ander logistieke aspekte, het die idee uiteindelik gerealiseer.

“Ek het oorspronklik Art in Action by die Kunsteraad voorgestel as 'n interaktiewe stalletjie vir die bekende leefstylekspo, Inspirasie Tafels. Ons het baie keer in die kunssektor daaroor gepraat dat ons meer blootstelling nodig het en platforms vir plaaslike kunste moet skep. Behalwe dat daar nie eens 'n hand vol galerye is nie, het die plaaslike kunstenaars baie min platforms om hul werke te wys. 'n Ekspo, in dié geval Inspirasie Tafels, bied die beste blootstelling,” sê Lühl.

Vroëer vanjaar is aangekomdig Inspirasie Tafels sal nie in 2019 plaasvind nie. Dus moes Lühl en lede van die kunsteraad ‘n ander plan beraam.

“Ek het 'n pop-up-markie in die middestad voorgestel. Ek wou dit nie alleen doen nie en was daarom baie gelukkig toe die NAA ewe opgewonde was. Ons het besluit op die middestad omdat dit sigbaar en toeganklik is.”

Verskeie genres sal by Art in Action gesien kan word: Skilderye, beelhouwerk, keramiekkuns, pottebakkery, juweliersware en drukwerk. Alle werke sal te koop wees.

Deelnemende kunstenaars is Neige Moongo, Nicky Marais, Ester Illonga, Dewayne Warren

Goagoseb, Lok Kandjengo, Mitchell Gatsi, Ina Maria Shikongo, Saima Iita en Tity Tshilumba.

“Die geleentheid is vir almal. Bring die kinders en kom kuier lekker saam," sê Lühl.

Die eiesoortige pop-up-markie is môre om 10:00 af oop en kan to 20:00 besoek word.

Kollig-lesers wat op hoogte wil bly van die gebeure by The Project Room, kan ‘n boodskap op Facebook of Instagram by @The Project Room-Namibia laat.

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.09 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.47 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.8 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.47 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.63/OZ UP +1.24% | Copper US$ 4.56/lb UP +1.37% | Zinc US$ 2 927.50/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.58/BBP UP +0.35% | Platinum US$ 984.30/OZ UP +1.04% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.09 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.47 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.8 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.47 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.63/OZ UP +1.24% | Copper US$ 4.56/lb UP +1.37% | Zinc US$ 2 927.50/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.58/BBP UP +0.35% | Platinum US$ 984.30/OZ UP +1.04%