Eienaar vertel van bloedbad in die bos
Eienaar vertel van bloedbad in die bos

Eienaar vertel van bloedbad in die bos

Beesdiewe in gruwel van die velde
Des Erasmus
Des Erasmus - Agt en dertig beeste was op die plaas Otuwapa in die gebied tussen Kalkfeld en Omaruru betrokke by ’n gruwel van die velde.
Vier en dertig was reeds dood, twee was so vermink dat genade­skote gevuur moes word en nog twee is uit strikke gehaal op ’n plek waar biltong en vleis reeds aan die boomtakke gehang het.
Die beeste het aan mnr. Kurt Jakob van die plaas Otjiriwaniga behoort en die stropers het van sy grond oor ’n eerste hervestigingsplaas na ’n tweede beweeg voordat die slagting in taamlike ruie boswêreld uitgevoer is. Saam met vorige skade as gevolg van veediefstal beloop die waarde van die buit sowat N$271 000. Jakob het gister aanRepublikein gesê ondanks die droogte was die beeste se kondisie taamlik goed.
Sy skade is veel groter, sou Jakob die duisende dollars saam verreken wat hy aan voer bestee het om sy beeste deur die droogte te haal.
Die omvang van die gruwel van Dinsdag het gister verder uitgekring toe die betrokke gebied uit ’n helikopter verken is en op nog sewe slagplekke in die veld afgekom is. Eerste aanduidinge was dat nog 16 beeste daar geslag was, maar in die stadium is die eienaarskap nog nie bevestig nie. Opvolgwerk deur veldwagters en wetstoepassers het gister oor ’n wye gebied voortgeduur.
Op die toneel waarop Dinsdagmiddag afgekom is, was daar aanduidinge­ dat minstens drie mense betrokke was. Sestien beeste was reeds geslag en die res moes nog geslag word. Ervare spoorsnyers het beweer dat dit uiters moeilik is om die spore te volg met aanduidinge dat die skuldiges hul skoene met goed soos sakke oorgetrek het. Wat op die toneel vasgestel is, is dat die beeste blykbaar eers in taamlike digte bos vasgekeer word waar strikke gestel is. Beland ’n bees eers in ’n strik, word die hakskeensenings afgekap sodat die diere nie kan wegkom nie. In die slagproses word die oorplaatjies verwyder en uitgebrand om dit moeilik te maak om die oorsprong van die diere te bepaal.
Die metodes van die diewe stem ooreen met die eerste slagtings
van Jakob se grootvee vanjaar in Mei en Julie.
’n Afleiding was Dinsdagmiddag dat die agtervolgers een keer so naby as ’n halfuur van die booswigte weg was. In daardie stadium was 12 van die beeste reeds geslag met die vleis wat aan die bome uitgehang was. Die vleis van twee van die 38 beeste kon nog gebruik word en nog twee is van die strikke bevry en kan moont­lik deurgehaal word.
’n Buurman van Jakob het Dinsdag geskakel en ’n vermoede van ’n beesstelery aan hom oorgedra. Spore is gevolg en ’n plek is gekry waar die beeste in ’n bondel gejaag is tot waar ’n grensdraad van Otjiriwaniga gebreek was. Daarvandaan het die spore van die eerste hervestigingsplaas na ’n tweede gelei waar op die bosgeweld afgekom is. Die plaasheinings was nooit geknip nie.
Onder die slagbeeste was drie dragtige koeie. In ’n soortgelyke voorval in Julie was daar vyf dragtige koeie. Ná Dinsdag se voorval vermis Jakop nog nege beeste, maar geen leidrade bestaan nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.14/OZ DOWN -0.0102 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0036 | Zinc US$ 2 919.10/T DOWN -0.04% | Brent Crude Oil US$ 83.80/BBP DOWN -0.0058 | Platinum US$ 955.56/OZ UP +0.01% Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.14/OZ DOWN -0.0102 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0036 | Zinc US$ 2 919.10/T DOWN -0.04% | Brent Crude Oil US$ 83.80/BBP DOWN -0.0058 | Platinum US$ 955.56/OZ UP +0.01%