Eienaar van koei vir botsings gedagvaar
'n Koei wat doodgery is, het glo twee verdere botsings veroorsaak waarin voertuie afgeskryf is.
Henriette Lamprecht
'n Sekuriteitsmaatskappy dagvaar die eienaar van 'n koei wat op 'n besige hoofpad beland het en glo drie botsings veroorsaak het, vir skadevergoeding.
Die tweede verweerder in die saak is die Paaieowerheid (RA).
G Four S Cash Solutions (Namibia) (Pty) Ltd. eis skadevergoeding van die RA en me. Brigitte Goases nadat haar koei glo 'n ongeluk op die pad tussen Windhoek en Rehoboth veroorsaak het, wat glo 'n direkte invloed op en skade aan 'n gepantserde G4S-voertuig veroorsaak het.
Volgens hofstukke rus die onus op Goases as eienaar van die koei om te verseker sy word in 'n kamp aangehou, die omheining word in stand gehou en die hek word toegehou.
Voorts is dit die RA se verantwoordelikheid om enige motorhek in 'n distriks- of hoofpad te onderhou.
Laasgenoemde het na bewering egter nie daarin geslaag om die motorhek op die D1320-pad naby Groot Aub skoon van enige sand of gruis te hou nie, en ook nie die heining aangrensend tot die motorhek in stand gehou om te verhoed dat enige rondloperdiere toegang tot die B1-nasionale pad verkry nie.
Weens dié beweerde nalatigheid kon Goases se koei glo in die pad beweeg en 'n versperring en gevaar vir padgebruikers veroorsaak.
Volgens die hofstukke het 'n onbekende vragmotor op 19 November 2015 op die pad tussen Rehoboth en Windhoek teen Goases se koei gebots waar dit in die pad geloop het.
Die koei is in die botsing dood en het in die pad agtergebly.
Omstreeks 22:57 dieselfde dag het 'n vragmotor van G4S glo in die dooie koei vasgery, wat steeds in dieselfde baan gelê het waar dit doodgery is en waarin die G4S-vragmotor beweeg het.
Weens die impak van die botsing het G4S se vragmotor glo in die aankomende baan beland en teen 'n vragmotor van WP Transport (Pty) gebots.
Volgens hofstukke is G4S se voertuig in die botsings onherstelbaar beskadig en eis die maatskappy gevolglik skadevergoeding van N$300 065, wat onder meer 'n nuwe voertuig en uitgawes vir 'n insleepdiens insluit.
As gevolg van die derde botsing het WP Transport met 'n regsgeding teen G4S in die hoërhof begin.
Dié maatskappy eis skadevergoeding van N$1,2 miljoen vir hul vragmotor wat in die ongeluk afgeskryf is.
Volgens G4S was dit egter 'n direkte gevolg van die RA en Goases se oortreding van hul wettige verpligtinge, soos wat in hofstukke gemeld is.
In die lig hiervan het G4S 'n kwytskeldingseis ingedien.
WP Transport voer aan G4S se bestuurder was nalatig omdat hy glo onder meer nie sy voertuig beheer het nie, nie remme aangeslaan het nie en nie die botsing probeer vermy het nie.
Die saak is tot 18 Februarie vir voorverhoorverrigtinge uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie