Eie hond byt die seerste
ANONIEM SKRYF:
Die Windhoek Kringraad moet op haar pad terugkyk en die mislukkings op mislukkings sien.
Ons is nie dom nie, ons volg baie noukeurig hoe julle opereer en die oor onlangse voorval by Efesiërs kan ’n mens amper sê “jou eie hond byt die seerste”.
Ek dink julle het nog baie lesse om te leer. Duisende lidmate is seer, hartseer en teleurgesteld hoe u die sake tot nou gehanteer het van Efesiërs, Betel en Tanidare. Tot wanneer toe moet dit so aangaan? Moet daardie ouderlinge en hul trawante wat amper ’n erediens ontwrig het net so daarmee wegkom?
Ek onthou die dae van ons oud-deken, Walter Bobby Namaseb, wat sy voet neergesit het en sonder om kant te kies en ’n saak regverdig gehanteer het. Baie briewe het ons na u geskryf, ons klagtes na u gebring, maar geen terugvoering gekry nie. Hoekom nie? Wat is die probleem, dat ons briewe nie beantwoord kan word nie? Ons wil nie ook prokureurs toe hardloop nie. Luister tog ook vir ons.
Ten laaste: “Inductions” was alle pad deur die kring-dekens behartig. Hoekom besluit die pastore deesdae wie die “induction” moet waarneem? Alles word oornag verander!
Jammer as ek iemand op die tone getrap het, maar doen die dinge reg voordat dit handuit ruk.
Eers tot daar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie