EHRA wen N$500 000
Tanja Bause – Elephant Human Relations Aid (EHRA) is as die wenner van die European Outdoor Conservation Association (EOCA) aangewys en het bietjie meer as N$500 000 gewen.
Volgens Christin Winter, EHRA se bewaringsprogrambestuurder, het hulle vir finansiële ondersteuning by EOCA aansoek gedoen en het die kategorie, wilde plekke, gewen.
“Baie dankie aan al die mense wat gestem het. Elke stem het getel en ons het met net een persent gewen. Die ander projek was die Britse Polden Hills-projek,” het sy gesê.
Die geld sal gebruik word om drie beskermingsmure vir waterputte en drie alternatiewe olifantwaterdamme weg van die nedersettings op te rig.
EHRA sal ook tien olifantmoniteringspatrollies instel in die nuwe uitgebreide gebied wat deel van 'n korridorprojekis.
Opnames oor plantegroei en oor moontlike ingrypings, veelvuldige opleidingsessies vir volwassenes en vir skoolkinders, asook ander tipes kapasiteitsbou vir mens-dier-konflik sal aangebied word. Al die projekte vorm 'n holistiese benadering vir die vermindering van konflik tussen olifante en mense op die lang termyn.
Die lang droë periode in die noordweste van die land het olifante gedwing om uit hul kernhabitat te beweeg na gebiede wat in etlike dekades nie deur olifante bewoon is nie. Veelvuldige kommunale en kommersiële boere is onkant betrap en was nie voorbereid vir olifante nie. Die probleme wat ontstaan het, is kompleks en vereis langtermynstrategieë wat EHRA tans ondersoek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie