Egpaar op gewilde staproete oorval
Henriette Lamprecht - 'n Egpaar van Windhoek se daaglikse wandeling met hul hond het gisteroggend binne sekondes in 'n nagmerrie ontaard toe hulle deur twee mans oorval is.
Een van die mans was gewapen.
Die paartjie gaan stap die afgelope vier jaar gereeld soggens by Farm Windhoek, wat baie gewild is onder inwoners.
Volgens die man, wat anoniem wou bly, het hy en sy vrou skuins voor halfsewe twee mans gesien wat van voor af na hulle toe aangekom het. Die mans was volgens hom “normaal” en gemaklik geklee.
“Toe hulle verby ons is, het ek net hierdie gevoel gekry alles is nie pluis nie. Toe ek omdraai, het een van hulle skielik 'n pistool op my gerig.” Volgens die inwoner het hy die man met pepersproei wat hy in sy hand gehad het, begin spuit.
“Ek het die hele blikkie op hom leeggespuit. Iets het gebeur dat die pistool nie afgegaan het en hy my geskiet het nie. Alles het vreeslik vinnig gebeur,” het hy gesê.
Intussen het die tweede man 'n klip opgetel en na die stappers geslinger. Dit het die man se skouer getref.
“Ek het soos 'n mal ding op hulle afgestorm met 'n 'dropper' van plastiek wat ons altyd vir slange saamdra.”
Die mans het die aftog geblaas en in die bosse verdwyn.
Volgens die inwoner was verskeie buurtwaglede en ook lede van Farm Windhoek reeds by die beginpunt van die staproete toe hy en sy vrou daar aankom.
“Die eienaar van Farm Windhoek het na ons toe aangehardloop gekom. Die buurtwag-ouens was ook onmiddellik daar. Lede van Nampol en die stadspolisie was ook op die toneel,” het hy gesê.
Volgens die man is die verdagtes nog nie aangekeer nie. Intussen het die voorsitter van die Kleine Kuppe-buurtwag, mnr. Sarel Hanekom, gesê die buurtwag het halfsewe 'n oproep oor die aanval ontvang. Volgens Hanekom het lede van Nampol en die stadspolisie, sowel as reserviste, die aanvallers se spoor op die plaas gevolg, maar het hulle soos “mis voor die son” verdwyn.
Die voorval is deur die stadspolisie bevestig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie