Egpaar herontdek skaars plantjie
’n Plaaslike dosent en sy lewensmaat het verlede week geskiedenis gemaak op die botaniese toneel.
Denver Kisting – ’n Dekaan by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), dr. Rolf Becker, en sy vrou, me. Alma Moller, het verlede Dinsdag ’n seldsame vetplantjie herontdek.
Dié plant, Euphorbia baliola, groei net in Namibië en is deel van die vingerpolfamilie, vertel Moller.
Becker en Moller kon die afgelope week kwalik hul vreugde beteuel toe hulle oor koffie met Republikein oor die herontdekking gesels het.
Vroeër vandeesweek het Becker reeds vertel die Euphorbia baliola is laas in 1912 tydens ’n wetenskaplike sending in die Karasberge gevind. “Die eksemplaar is in die Kew Herbarium in Engeland geplaas met ’n duplikaat in Kaapstad se Bolus Herbarium. In 1915 is die plantjie beskryf gebaseer op die materiaal (wat) gedurende 1912 versamel (is). Daarna is dit nooit weer gekry nie en (was) geen aanvullende inligting beskikbaar nie.”
Volgens hom moes hulle speurvernuf aan die dag lê om ná meer as ’n eeu sedert dit laas gesien is, die plantjie weer in die Karasberge op te spoor. “Om die populasie weer te kry, moes ons nogal baie speurwerk doen. Die enigste leidraad wat ons gehad het, was ’n kriptiese beskrywing van die ligging waar dit (destyds) gevind is.”
Dié vae beskrywing van die destyds vonds lui: “Groot Karasberg. Tusse die eerste en tweede uitspanne tussen Krai Kluft en Naruda Süd.”
Hy vertel verder: “Ná baie ure se Google en met behulp van 1:250 000- en 1:50 000-kaarte het ons ’n area bepaal waar die plante waarskynlik gevind is. Ons het soontoe gery en die plantjies gekry.”
Hoewel dit uiteindelik ’n relatief maklike sending was, was dit aanvanklik ’n bykans onbegonne taak, sê hy.
“In pespektief gesien: Die Karasberge beslaan ’n area van so 50 x 40 kilometer. Die populasie wat ons gekry het, groei in ’n area van 50 x 50 meter.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie