Egpaar helder oordag aangeval

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – 'n Egpaar in hul sestigs is gister helder oordag in hul huis op Swakopmund onder meer met 'n panga aangeval.

Die voorval het omstreeks 08:00 in Ocean View in die huis van die 67-jarige mnr. Riaan Booysen en 65-jarige me. Elizabeth Lizette Rossouw plaasgevind.

Volgens die polisie se bevelvoerder van gemeenskapsake in die Erongo­streek, insp. Ileni Shapumba, was beide Booysen en Rossouw tuis toe drie mans die huis binnegekom en Booysen oorval het. Hy is volgens Shapumba verskeie kere met vuiste en 'n panga toegetakel.

Rossouw is vasgehou terwyl die drie mans op die kluis se sleutels en geld aangedring het.

Volgens Rossouw was sy besig om 'n aanlyn oefensessie by te woon, met die ander deelnemers wat die aanval gesien gebeur het. Hulle het onmiddellik lede van die Swakopmund-gemeenskapstruktuur (buurtwag) in kennis gestel wat saam met lede van die polisie vinnig op die toneel was en die drie verdagtes in hegtenis geneem het.

Booysen is na die Cottage Private Hospitaal vir behandeling geneem en is volgens Shapumba in 'n bestendige toestand.

Shapumba het die lede van die gemeenskap wat die voorval gesien het, vir hul vinnige reaksie geloof.

“Dis 'n prysenswaardige poging wat nagevolg moet word. Ons bedank ook elke persoon en noodreaksiespan vir hul uitstekende koördinasie wat tot die suksesvolle inhegtenisname van die rowers gelei het,” het Shapumba gesê.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!