Egpaar helder oordag aangeval

14 July 2021 | Misdaad
Henriette Lamprecht – 'n Egpaar in hul sestigs is gister helder oordag in hul huis op Swakopmund onder meer met 'n panga aangeval.

Die voorval het omstreeks 08:00 in Ocean View in die huis van die 67-jarige mnr. Riaan Booysen en 65-jarige me. Elizabeth Lizette Rossouw plaasgevind.

Volgens die polisie se bevelvoerder van gemeenskapsake in die Erongo­streek, insp. Ileni Shapumba, was beide Booysen en Rossouw tuis toe drie mans die huis binnegekom en Booysen oorval het. Hy is volgens Shapumba verskeie kere met vuiste en 'n panga toegetakel.

Rossouw is vasgehou terwyl die drie mans op die kluis se sleutels en geld aangedring het.

Volgens Rossouw was sy besig om 'n aanlyn oefensessie by te woon, met die ander deelnemers wat die aanval gesien gebeur het. Hulle het onmiddellik lede van die Swakopmund-gemeenskapstruktuur (buurtwag) in kennis gestel wat saam met lede van die polisie vinnig op die toneel was en die drie verdagtes in hegtenis geneem het.

Booysen is na die Cottage Private Hospitaal vir behandeling geneem en is volgens Shapumba in 'n bestendige toestand.

Shapumba het die lede van die gemeenskap wat die voorval gesien het, vir hul vinnige reaksie geloof.

“Dis 'n prysenswaardige poging wat nagevolg moet word. Ons bedank ook elke persoon en noodreaksiespan vir hul uitstekende koördinasie wat tot die suksesvolle inhegtenisname van die rowers gelei het,” het Shapumba gesê.– [email protected]

Soortgelyk

 

Minister vra verligting vir boere

8 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – Die minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, het die Nasionale Vergadering (NV) gister versoek om aan boere grondbelastingverligting van...

Verdediging terug onder OG se skoot

8 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – 'n Spook-attaché in Kinshasha wat vergoed is en belastinggeld wat gebruik is om salarisse by August 26 te betaal, is van die...

Weer vir 21 Oktober 2021

8 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie van meer as 50 mm kan in die oostelike dele van die ||Kharasstreek voorkom.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm met geïsoleerde donderbuie in...

Saara sien lig in korrupsietonnel

8 ure gelede | Misdaad

Die inhoud van Namibië se nuwe konsepplan teen korrupsie vir 2021-'25 bevat volgens eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila talle positiewe tekens dat hierdie vyand van ­welvaart...

Dippenaar-verhoor hervat in Julie 2022

8 ure gelede | Howe

Adolf Kaure in Swakopmund – Na twee dae se getuienis is die verhoor waarin mnr. Jandré Dippenaar op ses klagte van moord tereg staan, gister...

Kalkrand oorleef op druppels

8 ure gelede | Maatskaplik

Augetto Graig – Die klein en arm gemeenskap van Kalkrand moet al bykans drie weke lank met net druppels water oor die weg kom nadat...

Reën kan tot môre duur

8 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Namibiese weerkantoor het ‘n waarskuwing uitgereik dat wydverspreide donderbuie vandag (Donderdag) in die oostelike dele van die ||Kharasstreek kan voorkom, wat...

Regter roskam ‘homofobiese’ ministerie

8 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Hoërhofregter Thomas Masuku het die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit se “diskriminasie teen selfdegeslagpaartjies” veroordeel. Toe hy in sy...

Sterftekoers onder swanger vroue te hoog

8 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Hoewel belangrike vooruitgang met 'n afname van 40% in die sterftekoers vir swanger vroue en pasgebore babas die afgelope twee dekades gemaak...