Egpaar faal in saak teen Finkenstein
'n Egpaar wat verlede jaar deur die hof belet is om 'n gastehuis vanuit hul huis op Finkenstein te bedryf, voer steeds 'n uitgerekte regstryd.
Kristien Kruger – Die Suid-Afrikaner mnr. Cedric Nieuwoudt en sy Amerikaans gebore vrou, me. Karin Brody Nieuwoudt, het Woensdag hulself in die Windhoekse hoërhof verteenwoordig in die dringende aansoek wat hulle teen Finkenstein Huiseienaarsvereniging ingedien het.
Die applikante kon egter nie die dringendheid van die saak bewys nie en die saak is van die rol geskrap.
Die egpaar is sedert die begin van verlede jaar in verskeie litigasiesake gewikkel. Dit het begin toe hulle deur die Finkenstein Huiseienaarsvereniging hof toe gesleep is omdat hulle 'n gastehuis vanuit hul huis op Finkenstein bedryf het.
Volgens Finkenstein se inwonersooreenkoms en reëls wat as hofstukke ingedien is, mag geen sulke sake-aktiwiteite vanuit 'n huis in die landgoed gedoen word nie. Die Nieuwoudts het hiertydens geargumenteer dat hulle nie die landgoed se toestemming nodig het nie.
Regter Nate Ndauendapo het op 12 Junie 2020 beslis dat die egpaar hul bedrywigheid moet stopsit en die applikante se regskoste moet betaal.
DRINGENDE AANSOEK
In verlede week se saak het die Nieuwoudts 'n dringende aansoek teen die Huiseienaarsvereniging en die adjunkbalju ingedien met die eis van die adjunkbalju hul sekuriteitsdeposito van sowat N$53 969 aan hulle moet terugbetaal.
Cedric het tydens hofverrigtinge beweer die Huiseienaarsvereniging is nie 'n entiteit wat werklik bestaan nie.
Volgens hom het hulle geen stigtingsdokumente of enige ander bewys om die wettige bestaan as 'n entiteit te ondersteun nie.
“Ek vra die hof moet my help. Hulle is besig om my lewe te verwoes. Hul vat my geld sonder die bewys dat hulle 'n werklike entiteit is,” het Nieuwoudt gesê.
Regter Ndauendapo het aan Cedric gevra vir wie hy dan vandag dagvaar, as hulle volgens hom nie bestaan nie.
Ndauendapo wou Woensdag ter aanvang die redes vir 'n dringende aansoek vasstel.
“Ek het 'n klomp ander goed opsy geskuif sodat ek vandag na jul saak kan luister. So, verduidelik vir my waarom jou saak dringend is,” het hy aan Cedric gesê.
Die regter het ten einde beslis die saak is nie dringend nie omdat die kwessie oplaas in ander sake hanteer sal word. Hy het daarom die saak van die rol geskrap.
“As jy daarin slaag om een van jou ander sake te wen, sal jy uiteindelik jou geld terugkry,” het hy aan Cedric gesê.
Hy het ook beveel dat die Nieuwoudts die ander party se regskostes vir dié saak moet dek.
Die Finkenstein Huiseienaarsvereniging word deur mnr. Konrad Marais verteenwoordig.
– [email protected]
FOTO’s Facebook
Die Suid-Afrikaner mnr. Cedric Nieuwoudt en sy Amerikaans gebore vrou, me. Karin Brody Nieuwoudt.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie