Egiptiese prokureur dagvaar Ramos
Sokker
Hoewel die Egiptiese doelskieter Mohamed Salah steeds glo dat hy vir volgende maand se Wêreldbeker-toernooi in Rusland gereed sal wees, gaan 'n Egiptiese prokureur Sergio Ramos vir nagenoeg $1,2 miljard (sowat R15,2 miljard) oor Saterdag se duikslag dagvaar.
Die Liverpool-ster se linkerskouer is in Saterdag se Europese Kampioeneliga-eindstryd in Kiëf in die Oekraïne ontwrig toe Ramos, Real Madrid se kaptein, hom grond toe gepluk het.
Die ligamente in sy skouer is so beskadig dat hy waarskynlik niks meer as 'n toeskouer by die Wêreldbeker-toernooi gaan wees nie.
Hoewel Salah, die Engelse Premierliga se voorste doelevraat dié seisoen, Sondag op Twitter gesê het hy is “vol vertroue” dat hy Héctor Cúper se span in Rusland sal verteenwoordig, het Bassem Wahba, 'n Egiptiese prokureur, steeds namens hom 'n eis van nagenoeg $1,2 miljard teen Ramos ingedien.
Wahba het op die Egiptiese TV-kanaal Sada El-Balad aangekondig dat hy 'n klag by die wêreldbeheerliggaam, Fifa, ingedien het omdat Ramos die nasie se mees gevierde sokkerspeler met opset “fisieke en sielkundige skade” berokken het.
“Ramos het Mo Salah doelbewus beseer en behoort gestraf te word,” het hy gesê.
“Ek het 'n regsgeding en klag by Fifa aanhangig gemaak.
“Ek sal vir vergoeding eis wat selfs meer as $1,2 miljard kan beloop vir die fisieke en sielkundige skade wat Ramos Salah en die Egiptiese nasie berokken het.”
In die onwaarskynlike geval dat Wahba dié saak sal wen, het hy belowe om die geld aan die staat se Long Live Egypt-fonds te skenk.
'n Versoekskrif op die change.org-webwerf het Maandag meer as 300 000 handtekeninge gekry. Daarin word geëis dat Uefa (Europa se sokkerbeheerliggaam) en Fifa teen Ramos optree.
Die skeidsregter, Milorad Mazic, het in die wedstryd nie teen Ramos opgetree nie. – Goal.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie