Egiptiese hof sê oor eilande
Khaled Ali, Egiptiese regsgeleerde en voormalige presidentskandidaat, juig nadat die opperadministratiewe hof in Kaïro gister uitspraak gelewer het dat twee eilande, Sanafir en Tiran, aan Egipte behoort. Die Egiptiese regering het vroeër gesê die eilande behoort aan Saoedi-Arabië. Die hof het uitspraak gelewer teen die regering se besluit om die eilande aan Saoedi-Arabië af te staan. Die uitspraak sal waarskynlik tot meer spanning tussen die twee lande lei. Foto Nampa/AP
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie