Egipte besluit oor Rooisee-eilande
Dosyne Egiptiese regsgeleerdes skreeu slagspreuke tydens ‘n betoging teen die oorhandiging van twee strategiese eilande, Tiran en Sanafir, in die Rooisee aan Saoedi-Arabië. Die Arabiese woorde op die baniere lui: “Brood, vryheid, die eilande is Egipte s’n.” Die Egiptiese parlement het Woensdag in Kaïro in die finale stemming oor ‘n kontroversiële ooreenkoms gestem vir die oordrag van die eilande. Goedkeuring vir die oordrag is vroeër die dag deur die parlement se komitee belas met verdediging en nasionale veiligheid gegee. ‘n Parlementêre wetgewende komitee het Dinsdag toestemming vir die oordrag gegee. Foto Nampa/Xinhua
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie