EES staan breed teen GBV
‘Maak die wêreld beter deur musiek’
Terwyl Covid-19 die wêreld op sy kop gekeer het, het geslagsgebaseerde geweld (GBV) in veral ontwikkelende lande vererger deurdat vroue nou meer moet tuis bly weens inperkings en gepaardgaande beskermingsmaatreëls.
Met die hoop om die aandag op dié kommerwekkende neiging te vestig, gebruik die plaaslike musikant EES sy musikale invloed om aandag op dié probleem te vestig deur die vrystelling van sy nuutste enkelsnit, “Chooser”. Dié snit sal vandag die musiekstroomdienste tref.
Die liedjie kombineer ’n diep, opregte boodskap met ’n motiverende popklank wat luisteraars hopelik sal inspireer om werklik te besef wat die waarde van ’n vrou is. Deur Afrika-elemente by te voeg, pas hierdie ernstige liedjie goed op radiospeellyste oor die wêreld heen.
Boonop vertoon die musiekvideo kragtige beelde van die #shutitalldown-betogings wat teen die einde van 2020 in Namibië plaasgevind het.
Hoekom die liedjie nou vrystel? “Dit is tyd dat musikante weer ambassadeurs word vir kwessies soos dié wat almal raak,” sê die musikant.
EES is genader deur Deutsche Welle se Afrika-afdeling, The 77 Percent, wat vuur en vlam was om die projek te ondersteun en te finansier. So is hul band met dié Namibiese kunstenaar verder versterk vir toekomstige nasiebouprojekte wat nog aangepak kan word.
Al die inkomste wat deur die luister- en aflaaiverkope van hierdie liedjie gegenereer word, word aan Monica Gender-Based Violence Organisation in Namibië geskenk.
Kyk vanaf later vandag hier na die musiekvideo van “Chooser”: www.youtube.com/watch?v=nMn2MSdE8-4&feature=youtu.be

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie