EES kook op Duitse X-Factor
Tanja Bause
Die Namibiese kwaitokunstenaar EES het na die finale regstreekse uitsending van X-Factor Duitsland deurgedring.
EES en sy Yes-Ja!-band werk tans hard daaraan om hulself van 'n plek in die finale ronde van dié musiekkompetisie te verseker.
“Ek het iewers in Maart 'n e-pos van X-Factor gekry en aanvanklik gedink dit is 'n grap. Maar ek het later besef dit was nie. Hulle het my musiek aanlyn gesien en daarvan gehou. Hulle wou hê ek moet deel van die herbekendstelling van die TV-reeks in Duitsland wees,” het hy gesê.
“Ek het my band oortuig om na die aanvanklike sessies in Junie te gaan, en van daar af het ons van verhoog na verhoog beweeg. Nou is ons onder die topdrie bands wat na die regstreekse uitsending in Oktober deurgedring het.”
Volgens EES is dít 'n gulde geleentheid om Namibiese musiek op die wêreldkaart te plaas.
“Ek sal dit 110% gee, wat beteken die volgende drie weke gaan ons baie hard werk, oefen, voorberei en probeer om die finale te haal,” het hy gesê.
“In alles wat ek doen, verteenwoordig ek Namibië. Nie net deur die klere wat ek dra nie, maar ook deur al my onderhoude wat al op X-Factor met my gedoen is. My musiek plaas Namibië in die kollig.
“Dit is my bestemming om Namibië op die wêreldkaart te vestig en om hulle te wys wat NamFlava is en waaroor ons mooi land gaan. Dit is ook een van die redes waarom ek ons land wil skoon hou en wil hê almal moet by skoonmaakveldtogte betrokke raak. Ons moet saamwerk en Namibië die beste land moontlik maak,” het EES gesê.
“Ander deelnemers is nie net van Duitsland af nie. Hulle kom ook van Switserland, Spanje, Oostenryk, Portugal en so meer af. Ek onderskat niemand nie, maar ons sal ons bes doen en kyk hoe ver ons kan kom. Ek sal dit waardeer as Namibiërs my en my band ondersteun deur my boodskap te versprei. Die ondersteuning wat ek deur sosiale media ontvang, gee my die energie om ons kultuur internasionaal te bemark.”
Kyk die X-Factor-video op EES se Facebook-blad.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie