EES en Yes-Ja! hét daai X-faktor
Die kwaito-sensasie EES en sy Yes-Ja!Band is Vrydag op die Sky Ticket-kanaal as wenners van die X-Factor-talentkompetisie in Duitsland aangewys.
Kykers kon per selfoon vir hul gunsteling stem.
“Dit was 'n groot eer om deel te wees van die program wat deur miljoene kykers gesien is,” het EES gesê.
“Die beste deel was dat ek my eie liedjies kon sing en die NamFlava-kwaitokultuur na Europa kon bring en 'n nuwe mark kon bereik.”
Vir EES was dit 'n groot eer om Namibië op die verhoog te kon verteenwoordig.
“Om op X-Factor met die Namibiese vlag te kon verskyn, was 'n absolute hoogtepunt.
“Baie dankie aan al my ondersteuners in Namibië en oraloor die wêreld, en almal wat gestem het,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie