Eerste wenners in Omeya-reeks
Omeya Gholfklub het sy 2019 AfricaOnline Race to Omeya Members Cup reeks twee naweke gelede afgeskop. Met beloftes (of dreigemente) van reën en ’n paar interessante plasings van die pen, het die meeste spelers ’n middelmatige dag op die baan beleef. Schalk Pienaar en Ernst Nitschke het elk met ’n puik 40 punte geëindig, met die uittel wat Schalk as die wenner bevestig het. Collin Hart was derde met 39 punte en Leonard Beukes vierde met 37. Die prys vir die hou naaste aan die pen op putjie 4 is deur Riaan Liebenberg ingepalm. Omeya Gholfklub bedank AfricaOnline dat hulle weer eens hande kon vat om vir die sesde keer die Race to Omeya Members Cup reeks aan te bied. Van links staan Collin Hart, Leonard Beukes, Ernst Nitschke en Jacques Bruwer van AfricaOnline. Foto verskaf


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie