Eerste vroulike vegter verlaat Dorsland
Jiu jitsu
’n Nasionale gevegkunsspan met ’n verskil sal Namibië komende naweek in Stellenbosch by die kontinentale Afrika Pro jiu jitsu-kampioenskap verteenwoordig.
Die viertal van die Namibiese Skopboksfederasie (NKF) sluit vir die eerste keer ’n vroulike vegter in wat gestuur word om aan ’n internasionale kompetisie deel te neem.
Die 23-jarige Ankia Rentzke, Giano Alcock (12), Lesley !Hoab (27) en Delano Müller (14) is almal gereed om hul ding in die Eikestad te gaan doen.
Die vier sal in hul klasse volgens gordelgradering asook gewig ingedeel wees. Rentzke is ’n wit gordel (70 kg, volwasse vroue) net soos Alcock (junior seuns onder 37 kg). Müller veg as geel gordel (tienerseuns onder 62 kg) en !Hoaeb as ’n blou gordel (volwasse mans onder 77 kg).
Müller word as die nommer een vegter deur die Verenigde Arabiese Emirate Jiu Jitsu-federasie (UAEJJF) vir dié kampioenskap gereken en sal sekerlik weer sy merk soos verlede jaar wil maak.
Müller het verlede jaar in Brasilië by die Internasionale Azambuja Jiu Jitsu-kampioenskap ’n oorwinning bewerkstellig. Sy tweede plek by die Internasionale Gladiator Jiu Jitsu-kampioenskap in Porto Alegre, Brasilië, was ewe indrukwekkend. Hy is gevolglik selfs na Abu Dhabi genooi om sy slag daar te gaan wys.
Die genooide lande wat in die Wes-Kaap sal meeding, is Angola, Botswana, Brasilië, Brittanje, Ghana, Japan, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Verenigde Arabiese Emirate en Zimbabwe. Die internasionale byeenkoms word deur die Suid-Afrikaanse Jiu Jitsu- en Grypvereniging (“Grappling”) aangebied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie