Eerste vrag druiwe via Walvisbaai na Europa
Eerste vrag druiwe via Walvisbaai na Europa

Eerste vrag druiwe via Walvisbaai na Europa

Ronelle Rademeyer
Die eerste vrag Namibiese tafeldruiwe is verlede week via die hawe in Walvisbaai na Europa uitgevoer.
Die maatskappy Capespan Namibië op Aussenkehr het op Sondag 28 Desember, sy eerste besending tafeldruiwe uit Namibië na Walvisbaai gestuur om vandaar na Europa verskeep te word.
'n Verkoelingshouer gevul met 3 600 kartonne waarvan elk 4,5 kg weeg, het die hawe eergister (4 Jan.) verlaat.
Die afgelpope 24 jaar het al die druiweboere by Aussenkehr die hawe van Kaapstad in Suid-Afrika om hul produkte uit te voer.
Mnr. André Vermaak, besturende direkteur van Capespan Namibië, sê om direk vanaf Namibië uit te voer, is 'n droom wat waar geword het.
" Die Thompson pitlose druiwe is bestem vir Rotterdam in Nederland. As alles volgens plan verloop, kan dit die begin van 'n nuwe hoofstuk vir die bedryf wees om alle produkte deur die hawe van Walvisbaai uit te voer," het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-06-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer