Eerste tree teen gasheer in Dubai
Krieket
Tielman van Lill
Ná ses dae van individuele isolasie het die Namibiese Eagles-spelers Saterdag hul eerste buitelugoefening in Dubai, Verenigde Arabiese Emirate (VAE), gehad waar hulle vir die T20 Wêreldbeker en hul openingswedstryd op 18 Oktober teen Sri Lanka voorberei.
Die Eagles sal môreoggend in 'n amptelike internasionale T20-oefenwedstryd (T20I) teen die VAE in Dubai op die veld stap. Dié kragmeting en vier ander opwarmwedstryde sal punte vir die Eagles se T20I-wêreldranglys tel. Die Namibiërs sal ook teen Oman (12 Oktober), Papoea-Nieu-Guinee (6 en 10 Oktober) asook Skotland (9 en 14 Oktober) hul laaste slypwerk afrond.
Pierre du Bruyn, hoofafrigter van die Eagles, het gesê: “Vir ons as 'n span asook elke speler is dit belangrik om seker te maak ons is waar elke speler moet wees voor die oefenwedstryde begin.
“Saterdag was bloot belangrik om uit isolasie te ontsnap. Dit was baie opwindend om mekaar weer te sien en dit wys net watter tipe band en kultuur daar tussen die spelers heers en hoe naby hulle aanmekaar is.
“Ons sien uit na die wedstryd teen die Emirate, want elke wedstryd is baie, baie belangrik vir ons tot die aanloop van die Wêreldbeker. Dis nie net vir elke speler en die span van belang nie, maar ook vir ons internasionale ranglysposisie, want die kragmetings kan ons status beïnvloed. Dinsdag is die eerste van ses oefenwedstryde voor ons op 18 Oktober teen Sri Lanka vir ons eerste wedstryd in groep A op die veld stap.”
Terwyl die span in isolasie in hul hotelkamers was, moes hulle daagliks 'n fiksheidsprogram volg, tegniek oefen en hul teenstanders (en hulself) ontleed. Videokonferensies is ook gereeld gehou.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie