Seisoen se eerste speke sing by kus
Seisoen se eerste speke sing by kus

Seisoen se eerste speke sing by kus

Die Cymot-span het die eerste wenpunte van die seisoen opgeëis.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Die eerste padfietsresies van die jaar, byeenkoms nommer 1 van die Nedbank Windhoek Pedal Power-reeks vir 2021, is Sondagoggend by Swakopmund aangebied.

Dié spantydtoets vir mans- en vrouespanne het ’n baie plat roete gevolg – in die noordelike rigting op die C34 tot by die omdraaipunt en terug.

Die 59 kilometer mansresies is gemaklik deur Cymot se span in 1 uur 18 minute 41 sekondes gewen. Die Cycletec-span (“aangevuur deur Hollard”) was sowat ’n minuut later tweede (1:19:45) en Team Cathy derde (1:23:33). Op die puntelys plaas dit die drie spanne boaan met onderskeidelik 20, 19 en 18 punte, gevolg deur Food Lovers Market met 17.

By die vroue het Cycletec/Hollard oor 53 km in 1:24:46 geseëvier, met Food Lovers Market tweede (1:27:08), Cymot Racing Team derde (1:27:39) en MBM Ladies vierde (1:27:44).

In die ope afdeling (53 km) vir individuele mans bo 17 jaar het Christiaan Bean (1:04:12) die vinnigste tyd aangeteken, terwyl Allan Vivier en Christo Swartz onderskeidelik tweede en derde in 1:16:29 en 1:16:36 eindig.

By die vroue ope (53 km) was Hilde-Marie Olivier (1:30:00), Candice Wiggill (1:30:41) en Jeanne Heunis (1:33:48) die sterkste ryers.

By die meestersmans eindig Greg Chase die 53 km in 1:16:35, gevolg deur Nick du Plessis (1:16:59) en Gerhard Mans senior (1:22:07).

Die sport-afdeling se uitslae:

Mans (53 km): 1 Shanco Renton 1:33:26, 2 Michael Lowe 1:33:26, 3 Frank Klosta 1:33:26.

Vroue (32 km): 1 Handrie Gous 58 minute 46 sekondes, 2 Bianca Janse van Vuuren 59:31, 3 Bronwen Chase 59:40.

O.16 seuns (53 km): 1 Adrian Key 1:16:35, 2 Daniel Hahn 1:16:35, 3 Kevin Lowe 1:28:24.

O.16 meisies: Lotte Beulker 57:34.

O.14 seuns (32 km): 1 Roger Suren 58:36, 2 Marco Thiel 58:36, 3 Nathan Chase 58:36.

O.14 meisies (19 km): 1 Delsia Janse van Vuuren 51:48, 2 Rosemarie Thiel 51:52, 3 Marinelle Lambert 1:10:52.

Kommentaar

Republikein 2025-09-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer