Eerste Namibiër wen woestynmarathon
Die twee Namibiërs wat aan die Beyond the Ultimate Desert-ultramarathon deelgeneem het, het uitstekend presteer.
Francoise Steynberg - Wim Steenkamp is die eerste Namibiese wenner van die Beyond the Ultimate Desert-ultramarathon.
Die Windhoekse argitek het die moordende vyfdaagse wedloop van 250 kilometer in die versengende hitte van die Namibwoestyn in 'n tyd van 30 uur en 5 minute voltooi.
Die deelnemers het op 22 November by die Spitzkoppe weggespring en het vier dae later by die basiskamp van die Save the Rhino Trust Namibia by Palmwag geëindig.
Die ander Namibiese inskrywing, Hannes Smit, het sewende geëindig met 'n tyd van 37 uur en 19 minute.
Steenkamp het aan Republikein gesê hy voel geweldig trots daarop om die eerste plaaslike atleet te wees wat enige van die wêreldwye Beyond the Ultimate-ultramarathons wen.
Hy sê hy het baie lank aan die ultramarathon geoefen en beplan.
“Ek het ná die marathon verbasend goed gevoel, gegewe die afstand en omstandighede. Ek was gelukkig, met geen beserings of blase nie,” het Steenkamp gesê.
Smit was nie so gelukkig nie en moes ontsteking in sy linkeronderbeen te bowe kom.
Ondanks sy besering, sê Smit die ultramarathon was 'n belewenis.
“Dit vat jou liggaam verder as die grense. Ek gaan dit beslis weer doen. Ek doen dit vir die mense wat in my glo en natuurlik vir Namibië.”
Steenkamp sê die woestynhitte was versengend, maar 'n mens probeer om nie daarop te fokus nie.
“Die mediese span het gesorg dat elke atleet genoeg vloeistof by kontrolepunte inneem en afkoel. Hoewel ons net water mag ontvang het, was die emosionele ondersteuning geweldig waardevol.”
Smit sê die hitte was kwaai en hy het sy nekdoek en hoed natgemaak af te koel.
Steenkamp reken sy grootste uitdaging was om heeltyd gedissiplineerd te bly en steeds die basiese dinge reg te doen terwyl jy moeg is.
"Dit het ook 'n fyn lyn van beplanning gekos om nie jou sak te swaar te laai nie. Ek het kalorieë gelykstaande aan 40 Big Mac hamburgers in vyf dae geëet!”
Vir Smit is al die verskillende fasette van die resies besonders. “Jou liggaam moet fiks wees en die hitte kan vat, jou kop moet reg wees en jou kos moet in die regte hoeveelhede wees.”
Oor watter skofte onderskeidelik die uitdagendste en die “maklikste” was, het Steenkamp gesê dag 1 was beide die ergste en lekkerste.
“My senuwees was op hol en my rugsak was swaar, maar toe dit verby is, het ek dit begin geniet.”
Vir Smit was die vierde skof sy beste omdat dit hoofsaaklik sand was en die wind ook teen die hitte gehelp het.
“Die laaste skof van 92 km was vir my die ergste, want die hitte was kwaai. Ek het die engele gehoor sing, gesien hoe wink hulle vir my en sê ek kan maar kom,” skerts Smit.
Wat is volgende vir Namibië se twee knap ultramarathon-atlete? Smit wou graag die afgelope naweek op Swakopmund reeds aan die Sandman-driekamp deelgeneem het, maar kon weens sy besering nie. Hy sê dit het sy hart gebreek om net 'n toeskouer te wees.
Smit sê hy voel slaggereed vir komende naweek se moordende Nedbank Desert Dash-fietswedren van Windhoek na Swakopmund.
Steenkamp sê hy gaan eers lekker vakansie hou, “maar ek sukkel om vir te lank stil te sit”.
Hy het wel 'n emmerskoplys: “Met genoeg borge sal ek graag volgende jaar die Nedbank Desert Dash se roete in die week vooraf wil draf.
"Ek droom oor dié dinge en die uitdaging is om mense uit hul gemaksone te kry om dit mee te maak. My laaities gaan nog 'n paar ongewilde verjaarsdaggeskenke kry!”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie