Eerste minister waarsku teen bedrieu00ebrs wat jeug inloop
Eerste minister waarsku teen bedrieu00ebrs wat jeug inloop

Eerste minister waarsku teen bedrieërs wat jeug inloop

Ronelle Rademeyer
Die Namibiese eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila (foto), het die land se jeug vanoggend in ‘n verklaring gewaarsku teen vals e-posse in haar naam wat daarop uit is om jong mense in te loop.
Die bedrieërs doen in die e-posse namens Kuugongelwa-Amadhila ‘n beroep op jong entrepreneurs om vir finansiële hulp by die Europese Ontwikkelingsfonds aansoek te doen.
Hulle word dan versoek om dadelik 100 pond (N$1 800) en 300 pond (N$4 982) as aansoekkoste en versekering oor te betaal.
Volgens die kantoor van die eerste minister is daar reeds jongmense wat hulle deur dié slenter laat vang het en wat hul geld kwyt is.
Kuugongelwa-Amadhila het haar van hierdie bedrogskema gedistansieer en die publiek gemaan om nooit geld oor te betaal of transaksies aan te gaan voordat hulle nie bevestig het dat dit nie ‘n bedrogskema is nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A