Eerste migrasieprofiel vir Namibiu00eb bekend gestel
Eerste migrasieprofiel vir Namibiu00eb bekend gestel

Eerste migrasieprofiel vir Namibië bekend gestel

Jacqueline Louw
Estelle de Bruyn

Die meeste onwettige immigrante na Namibië wat gedeporteer is of 48 uur gegun is om die land te verlaat, was Angolese gevolg deur Zambiërs, Zimbabwiërs en Chinese.
Tussen 2010 en 2014 het 2 717 Angolese, 899 Zambiërs, 541 Zimbab­wiërs en 114 Chinese Namibië onwettig binnegekom.
Dit blyk uit die eerste migrasieprofiel vir Namibië wat Vrydag in Windhoek deur die minister van binnelandse sake en immigrasie, me. Pendukeni Iivula-Ithana, bekend gestel is.
Volgens die migrasieprofiel is ­beperkte data en ’n gebrek aan digi­tale data ’n ernstige leemte in Namibië en gevolglik is die volledige omvang van migrasie moeilik om te bepaal.
’n Grensbeheer-bestuurstelsel is in 2011 ingestel om ingang- en uitgangdata te versamel, maar dit moet nou opgegradeer word. Werk het in 2014 begin om ’n beheerstelsel vir vreemdelinge op te stel. Hierbenewens is ’n ooreenkoms met ’n onafhanklike diensverskaffer aangegaan om ’n sogenaamde geoutomatiseerde burgerskapstelsel in te stel, wat migra­siedata soos aansoeke om burgerskap in digitale formaat sal vaslê. Volgens die migrasieprofiel is ’n vertroulikheidsklousule deel van die memorandum van verstandhouding (MOU) tussen die diensverskaffer en die ministerie en gevolglik is die digitale data hieroor nie tot die beskikking van derde partye nie.
Uit die inligting wat wel deur die ministerie bekend gemaak is, blyk dit dat altesaam 21 116 draers van permanente verblyfpermitte in 2013-2014 die land binnegekom het; 51 793 mense is in besit van tydelike verblyfpermitte, werkpermitte en spesiale permitte; 408 161 is toeriste, 409 940 is mense wat familie of vriende in Namibië kom besoek het; 143 208 mense het in Namibië kom sake doen, konferensies kom bywoon of om professionele redes die land besoek; 4 681 is diplomate en 659 657 is mense wat weens ander ongespesifiseerde redes die land binnegekom het.
In 2013 was 137 498 Namibiërs migrante in ander lande.
Die meeste buitelanders van een land wat Namibië in 2014 binnegekom het, 519 191 in totaal, was Angolese, gevolg deur 329 850 Suid-Afrikaners en 167 407 Zambiërs. Altesaam 91 900 besoekers uit Duitsland het Namibië in 2014 besoek. In totaal het 1 477 593 buitelanders Namibië in dié jaar besoek van wie 1 320 062 (89,3 persent) toeriste was.
Uit statistiek uit die nasionale sensus van 2011 blyk dit dat in daardie jaar nagenoeg 68 000 buitelanders in Namibië woonagtig was.
Volgens die migrasieprofiel bestaan onvoldoende data oor Namibiërs in die diaspora en iets sal gedoen moet word om meer akkurate syfers te kry.
Volgens me. Anita Kiki Gbeho, die Verenigde Nasies se verteenwoordiger in Namibië, migreer mense om verskillende redes en begrip is nodig vir die mense en hul omstandighede. Volgens Gbeho is heelwat voordele aan migrasie verbonde en migrante kan in ’n groot mate tot die buitelandse verdienste van hul lande van herkoms finansieel bydra.
Mnr. Josiah Ogina, die streeksdirekteur in Suider-Afrika vir die Internasionale Organisasie vir Migrasie (IOM), het op sy beurt gesê Namibië het in 2009 ’n lid van die IOM geword. Die afgelope 18 maande is hard gewerk om Namibië se migrasieprofiel op te stel. Só ’n profiel bied die geleentheid om interne, streek- en internasionale data te versamel en regerings te help om migrasie te bestuur en daarvoor te beplan.
Iivula-Ithana het met die bekendstelling van die migrasieprofiel gesê ’n migrant is iemand wie se geboorteplek verskil van die plek waar hy hom tans bevind en dat regerings voor­bereid moet wees om die uitdagings wat dit meebring, die hoof te bied. Gevolglik het die regering die opstel van ’n migrasieprofiel vir Namibië goedgekeur. Die profiel is die eerste stap in die opstel van ’n beleid oor ­migrasie en dit dui die Namibiese konteks aan terwyl dit ook toon watter vordering gemaak is, waar leemtes bestaan asook om tendense van aankomste en vertrekke in en uit die land te bepaal.

Kommentaar

Republikein 2024-05-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 14° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 14° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 14° | 24° Ariamsvlei: 16° | 33° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 15° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 12° | 23° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 17° Durban: 18° | 30° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 16° | 29° Harare: 13° | 29° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 14° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 14° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 14° | 24° Ariamsvlei: 16° | 33° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 15° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 12° | 23° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 17° Durban: 18° | 30° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 16° | 29° Harare: 13° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%