Eerste matriekafskeid vir Hoërskool Mount View
Oryx Properties het 'n skenking van N$5 000 aan Hoërskool Mount View in Windhoek oorhandig. Die skool aan Windhoek se buitewyke sal die skenking aanwend om hul eerste matriekafskeid ooit moontlik te maak. Hoërskool Mount View was deel van Reschelle Beukes, die nuwe Mej. Standard Bank Hoërskool vir 2019, se gemeenskapsprojek. Die graad 12-leerlinge was dankbaar en opgewonde oor die moontlikheid van dié spoggerige eens-in-'n-leeftyd geleentheid. FOTO MICHELLINE NAWATISES
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie