Eerste lentereën voorspel
Die Namibiese weerdiens voorspel enkele reënbuie in die Noordooste vir vandag. Volgens mnr. Odillo Kgobetsi, hoofweervoorspeller van die weerdiens, sal die reënbuie na verwagting teen môre na die sentrale noordelike dele, asook na hoogliggende grond in die sentrale dele van die land versprei.
Reënbuie sal ook na verwagting van Vrydag af oor die Noordweste in die Erongostreek voorkom.
Wolke kan by tye oor die sentrale binneland vorm, terwyl warm tot baie warm weer in die res van die land sal voorkom. Temperature in die Suide het vandag ietwat gedaal, hoewel warm weer steeds in dié dele voorspel word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie