Eerste Fullback in Namibië
Me. Kaleni Hiyalwa is die trotse eienaar van die eerste Fiat Fullback-bakkie in Namibië. Hier neem sy haar nuwe motor van mnr. Rassie Rietz van M+Z Motors se Fiat-departement in ontvangs. Die Fullback is in drie modelle beskikbaar, naamlik enkelkajuit 2.4L petrol 97 kW 4x2 (vanaf N$232 900), dubbelkajuit 2.5L diesel 100 kW 4X2 (vanaf N$203 900) en die dubbelkajuit 2.5L diesel 132 kW 4X4 (vanaf N$468 900). Kontak gerus M+Z Motors by 061 373 500 of besoek http://mzmotors.metjeziegler.com vir meer inligting.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie