Eerste burger hou van saamstaan
Hentiesbaaiers het ‘n reg om geraadpleeg te word, sê die burgemeester, mnr. Herman !Honeb.
Sy onderwerp was die wysigings aan die viswet en die geleentheid was ‘n gemeenskapsvergadering in ‘n plaaslike hotel. Dit is deur ‘n geskatte driehonderd mense bygewoon en ‘n samevatting van hul standpunte was in ‘n memorandum wat per hand na die minister van visserye gestuur is. Oor die vergadering self het die burgemeester gesê hy verwelkom dit dat so ‘n groot groep mense op kort kennisgewing saamgekom het om hul standpunte te stel
“Ons Hentiesbaaiers moet saamstaan en vorentoe beweeg. Die betrokke besluit is op nasionale vlak geneem en daar was nie genoegsame raadpleging met die gemeenskap self nie,” het hy gesê.
Mnr. !Hobeb het wel gesê hy praat namens die aanleg vir bestaansvisswers, Hanganeni, en nie as burgemeester van die dorp nie.
“Ons het leiers op hierdie dorp en ons leiers moet mekaar erken en saam vorentoe beweeg. Ons staan agter julle,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie