Eers moord, toe ongeluk
Die polisie in die Otjozondjupastreek sê die moord op die 32-jarige me. Clodin Mutsvario van Zimbabwe en haar sewe maande oue babadogter, Mercy Hope Ndera, langs die B1-hoofpad buite Otjiwarongo, is verbind met die tromp-op botsing in die vroeë oggendure Dinsdag naby dié dorp.
Die botsing het omstreeks 00:44 plaasgevind toe 'n silwerkleurige sedan sowat 18 km suid van Otjiwarongo teen 'n koerantafleweringsvragmotor gebots het.
Die bestuurder van die sedan, mnr. Bright Ndera, het in die ongeluk gesterf. Die 40-jarige vrou wat saam met hom in die voertuig was, het ernstige beserings opgedoen en word in die staatshospitaal op Otjiwarongo behandel.
Ndera was die pa van Mutsvario se babadogtertjie, sê die polisie. Hulle lyke is Dinsdag deur 'n veewagter ontdek, nie ver van waar die ongeluk plaasgevind het nie.
Die aard van die beserings aan die jong vrou en haar baba se lyke dui daarop hulle is vermoor.
Volgens ao Maureen Mbeha, polisiewoordvoerder in dié streek, was Ndera en Mutsvario in 'n verhouding.
Dit blyk hy en sy minnares het gevlug nadat hulle na bewering vir Mutsvario en klein Mercy vermoor het, en kort daarna teen die vragmotor gebots.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie