Eer vir twee lodges

Toerisme
Andrew Poolman
Francoise Steynberg

’n Tentelodge in die Noordweste het met groot internasionale louere weggestap en ’n lodge in die Suide is as ’n eko-bewuste finalis gekies.

Wilderness Safaris Hoanib Skeleton Coast Camp is as een van die top-25-oorde in Afrika deur die lesers van die internasionale reistydskrif, Condé Nast Traveler, aangewys.

Hoabin Skeleton Coast Camp is die enigste Namibiese oord wat ’n Condé Nast Traveler Readers’ Choice-toekenning vir 2020 ingepalm het.

In die Suide is andBeyond Sossusvlei Desert Lodge uit 350 inskrywings vir die Gold Key-toekennings 2020 as ’n finalis vir beste maatskaplike en eko-bewuste hotel aangewys.

Die Gold Key-toekennings word deur die Boutique Design-tydskrif aangebied en vereer die wêreld se mees innoverende gasvryheidsprojekte.

Die wenners sal op 14 Desember in New York aangekondig word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-11-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer