Eenhana se inwoners skuld N$29 miljoen
Die burgemeester van Eenhana moedig dorpenaars aan om hul rekeninge te vereffen sodat dienslewering kan voortgaan en die munisipaliteit sy mandaat kan vervul.
Tuyeimo Haidula op Eenhana – Die burgemeester van Eenhana, mnr. Omri-Onn Kavandje, het Maandag die voorlopige begroting vir die boekjaar 2021-'22 ter tafel gelê en het gesê verbruikers se skuld aan die stadsraad beloop tans ongeveer N$29 miljoen.
Hy het 'n begroting van N$82,8 miljoen voorgelê – 'n afname van 9% in vergelyking met verlede jaar se begroting.
Volgens Kavandje het dié afname die raad se inkomste verminder en die maatreëls beïnvloed wat geïmplementeer is om die verspreiding Covid-19 in die dorp en die Ohangwenastreek te bekamp.
“Daar is inwoners en ondernemings wat, ten spyte daarvan dat ons verskeie kennisgewings uitgereik het wat hul aanmoedig om hul rekeninge te vereffen, nog nie hul waterrekeninge betaal het nie,” het hy gesê.
Die gebrek aan betaling deur inwoners belemmer, volgens hom, die munisipaliteit se pogings om verpligtinge teenoor grootmaat-verskaffers na te kom.
Hy het mense aangemoedig om hul rekeninge op eiendomme te betaal, veral diegene wat hul grond afbetaal, want dit plaas die raad in 'n moeilike posisie om sy mandaat te vervul.
“Die raad doen 'n beroep op alle inwoners om hul skuld te vereffen sodat ons ons bedrywighede kan volhou. Dit is nie ons leuse om dienste af te sny nie, maar om mense op te voed om hul rekeninge te betaal vir die raad om met dienslewering voort te gaan,” het Kavandje gewaarsku.
VOORLOPIGE BEGROTING
Hy het gesê die begroting is nog nie aan die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling voorgelê en finaal goedgekeur nie, maar volgens die voorlopige begroting word N$31,6 miljoen geoormerk vir algemene bedryfsuitgawes.
Personeelbesteding sal na verwagting N$22,4 miljoen beloop en kapitaalprojekte sowat N$23,2 miljoen.
Volgens Kavandje sal die oorblywende 6,8% aan herstel- en instandhoudingsbedrywighede bestee word.
Hy het bygevoeg die raad het 'n verhoging van 30 sent per kubieke meter vir waterverbruik voorgestel.
“Dertig sent klink nie na baie nie, maar ons glo dit kan bydra tot die dienslewering, veral om ander gebiede te bedien wat net so swaar deur Covid-19 getref is.”
Hy het gesê die raad het voorsiening gemaak vir verbeterings op hul stelsels. Dit sluit in die voorsiening van 'n nuwe finansiële bestuurstelsel, 'n verbeterde faktuurstelsel, nuwe bestuursinisiatiewe en konsultasiedienste om die invordering van inkomste te verbeter.
“Ons erken sommige dele van ons invordering van inkomste het in duie gestort en dit sal tyd neem om te herstel,” het Kavandje gesê.
Hy het gesê die plaaslike sakeondernemings, wat normaalweg grootliks tot ekonomiese groei bydra, is ook deur Covid-19 getref en dat hulle ook ondersteuning benodig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie