Eendag was daar . . .
. . . ‘n vergadering, een woordvreter, nóg ‘n woordvreter en baie ander wat mal is oor woorde.
Almal was vol woorde, maar die woordvreters was propvol woorde - lang woorde en kort woorde, dik woorde en maer woorde, maklike woorde en gelukkig min moeilike woorde.
Al daardie woorde het begin borrel en draai. Dit het getol en gesirkel en woeps! aanmekaar geplak en gekoek.
Skielik was daar in die woordvreters se koppe verskriklik baie warrelwinde. Die warrelwinde was vol woorde en prentjies en name. Hul oë het gerek en hul tonge het gekrul.
Toe skree Woordvreter Een: “Ek wil stories vertel! Ek kan dit nie hou nie!”
En Woordvreter Twee gil: “Ek weet van ‘n plek! Dis ‘n hoë toring! Daar is plek vir baie kinders en mammas en oppassers en juffrouens!”
Woordvreter Een se oë blink opgewonde.
“Waar is die toring?”
Woordvreter Twee fluister geheimsinnig: “In die hoofstad van die wye, wye wêreld. By Maerua se Rooftop.”
“Hoekom daar?” vra Woordvreter Een baie verbaas.
“Lees jy nie koerante nie?”
Woordvreter Twee haal haar dagboek uit en lees. Sy klink baie belangrik.
“Op die eerste Woensdag van koning Augustus se Woordfeesmaand gaan hy ‘n voorlees-partytjie hou. Almal wat van kinderverhale hou, is genooi.”
“Ongelooflik!” swymel Woordvreter Een.
“Hulle gaan om 15:30 begin en vir ‘n hele uur besig wees.”
Woordvreter Twee klap haar dagboek toe. Sy giggel ‘n breë glimlag.
Woordvreter Een se ore wikkel-wakkel en word bloedrooi.
“Ek gaan daar wees! Ek gaan daar wees!”
“Ek wil gaan lees van Vark in die Poel en van Lulama se Towerkombers! Van Die Pers Handsak en nog baie ander stories.”
Die voorsitter van die vergadering, die Goeie Fee, maak haar rekenaar oop.
“Dan is dit reg so. Ek sal ‘n brief skryf aan koning Augustus en vra dat julle altwee kan gaan voorlees.”
Haar vingers vlieg soos skoenlappers oor die lettersleutels.
“Klaar!” Sy loer oor haar bril na die twee woordvreters.
“Ek verwag uitstekende werk van julle, nè?”
Sy buk en haal twee groot brille uit haar pers handsak. “Hier, om beter te kan sien.”
Die Goeie Fee stoot haar eie bril met haar fyn vingertjie op.
“En pasop vir daardie twee onderduimse boelie-boewe – Kiem Griep en Kiem Verkoue! Hulle gaan hulle bes moontlik probeer om die voorlesings te keer.”
Dan draai sy na haar plakkaatmaker.
“En só moet die uitnodiging lyk.”
WINDHOEK WOORDFEES 2018
Die Windhoek Woordfees voeg hierdie jaar ‘n nuwe item by die program:
Stories vir kinders:
Henriëtte van Wyk en Susan Alexander sal op 1 Augustus tussen 15:30 en 16:30 stories vir kinders by Maerua se Rooftop voorlees. Hierdie item is gratis.
Jou beursie is wel ‘n noodsaaklikheid, want daar gaan ‘n boekuitstalling deur Simply Sales wees met kinderverhale wat smeek om gekoop te word.
Ouers, versorgers, nasorgonderwysers - bring die kinders! Júlle is ook welkom om deel van die pret te wees.
Kom geniet ‘n storieplesieruur uit van die beste kinderboeke in Afrikaans.
Vir meer inligting, skakel Susan by 081 272 0459 of Henriëtte by 081 128 7030.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie