Een sterfte, nege nuwe gevalle
Een sterfte, nege nuwe gevalle

Een sterfte, nege nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die sterfte van 'n kind met geen onderliggende toestande in die Grootfontein-distrik skuif die Covid-sterftes op tot 3 573. Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se jongste verslag gee die ouderdom van die kind bloot as 0 tot nege jaar aan. Gister is nege nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 1,1%. Dit sluit 'n gesondheidswerker in. Die aktiewe gevalle staan tans op 103 waarvan 16 in die hospitaal en twee in die ICU is. Tot op hede het 364 669 mense een dosis entstof ontvang, terwyl 305 672 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 97,2%.

Kommentaar

Republikein 2025-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer