Een sterfte, 158 nuwe gevalle
Een sterfte, 158 nuwe gevalle

Een sterfte, 158 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die dood van 'n 22-jarige vrou van die Rundu-distrik skuif die Covid-sterftes op tot 3 574. Gister is 158 nuwe gevalle aangemeld (112 in Windhoek), 'n positiewe koers van 7,4%. Dit sluit 23 studente, 13 leerlinge, agt gesondheidswerkers en drie onderwysers in. Die aktiewe gevalle staan op 679 waarvan 21 in die hospitaal en een in die ICU is. Tot op hede het 376 808 mense 'n eerste dosis entstof ontvang, terwyl 317 645 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan nou op 96,6%.

Kommentaar

Republikein 2025-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer