Een sterfte, 120 nuwe gevalle waarvan 13 in gevangenis in Windhoek
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê 'n 65-jarige man van Ongwediva met verskeie onderliggende mediese toestande is die land se 37ste Covid-19-verwante sterfte. Shangula het vanmiddag 120 nuwe Covid-19-gevalle vir die land aangekondig waarvan 72 in Windhoek, agt op Walvisbaai, 18 op Swakopmund, 10 op Gobabis, drie op Okahandja, twee op Mariental en een elk op Grootfontein, Rehoboth, Keetmanshoop, Karasburg, Oshikuku, Oshakati en Lüderitz is. Uit die 120 nuwe gevalle is 68 mans en 50 vroue. Die jongste is een jaar oud en die oudste 84 jaar oud. Uit die 72 gevalle in Windhoek is 13 in gevangenis.
Volgens Shangula bespeur die ministerie sedert 12 Augustus 'n afname in gevalle in Erongo en veral Walvisbaai en wel van 79 tot die 26 gevalle vir vandag. Uit die tien gevalle op Gobabis is nege van dieselfde huishouding en kontakte van dieselfde bevestigde geval. Onder vandag se gevalle twee gesondheidswerkers en wel op Mariental en Keetmanshoop.
Uit die land se 2 020 aktiewe gevalle is 14 gevalle uiters siek en vier gevalle kritiek. Ses gevalle in Erongo en agt gevalle in Khomas is uiters siek, terwyl een geval in Erongo en drie in Khomas kritiek is. Die aantal bevestigde gevalle staan tans op 4 464 en 2 407 gevalle het ten volle herstel. Tot op hede is 42 945 weefselmonsters getoets, 4 647 kontakte word gemonitor en 1 597 mense is tans in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie