Een sterf in botsing op Heathrow se aanloopbaan
Een persoon is dood, nog een beseer en talle vlugte vertraag ná ’n motorongeluk Woensdag op die aanloopbaan van die Heathrow-lughawe in Londen.
’n British Airways-ingenieur het later in die hospitaal beswyk nadat sy motor en nog ’n motor omstreeks 06:00 gebots het, berig Travel + Leisure.
“Ons kan bevestig dat ’n British Airways-kollega dood is weens ’n ernstige ongeluk waarby twee motors op ons aanloopbaan betrokke was. Ons innige meegevoel word oorgedra aan die familie en vriende wat deur die ongeluk geraak is,” het ’n Heathrow-woordvoerder aan Travel + Leisure gesê.- Netwerk24
Die ander betrokkene het glo ’n gebreekte skouer, maar geen lewensgevaarlike beserings opgedoen nie.
Die polisie het aan Evening Standard gesê die oorledene se naasbestaandes is in kennis gestel en hy moet nog amptelik uitgeken word.
“Niemand is in hegtenis geneem nie en die gesondheid- en veiligheidsowerheid is in kennis gestel.”
Volgens The Telegraphwas honderde mense in vliegtuie gestrand en het baie gekla oor die verwarring en vertraging van vlugte.
’n Woordvoerder van British Airways het aan Evening Standard gesê hulle het passasiers om verskoning gevra vir die vertragings en alles in hul vermoë gedoen om vlugte so gou moontlik te laat vertrek. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie