Een sterf in botsing buite Otjiwarongo
Ronelle Rademeyer – ’n Man is vroeg gisteroggend in ’n tromop botsing buite Otjiwarongo dood terwyl ten minste agt mense sedert die begin van die week in dié botsing en twee ander in die Erongostreek beseer is.
Die 29-jarige man is op slag dood toe sy sedanvoertuig omstreeks 05:00 skuins van voor in ’n vragmotor vasgejaag het. Hy was alleen in die voertuig.
Die ongeluk het sowat 40 km noord van Otjiwarongo op die pad na Otavi plaasgevind.
Die bestuurder van die vragmotor en sy passasier, beide Angolese burgers, is beseer en moes per ambulans vir mediese behandeling na Otjiwarongo geneem word.
Volgens adj.komm. Naukalemo Andreas, woordvoerder van die polisie in die Otjozondjupastreek, was die man van Otavi af in die rigting van Otjiwarongo onderweg. Die vragmotor was na Otavi op pad.
Dit is nie bekend waarom die bestuurder van die sedan regs geswenk en voor die vragmotor beland het nie.
Vyf mense is Maandagaand naby Arandis op die B2-hoofweg beseer toe die voertuie waarin hulle gery het, mekaar sydelings getref het. Die twee voertuie, die een ’n sedan en die ander een ’n enkelkajuitbakkie, het beide van die pad geloop en omgeslaan.
Volgens die Facebook-blad van West Coast Safety Initiative is ’n kind beseer wat uit die bakkie geslinger is, en die bestuurder het veelvuldige beserings opgedoen.
Drie mense wat in die sedanvoertuig gereis het, het ook ligte beserings opgedoen. Dié ongeluk het sowat 15 km van Arandis in die rigting van Usakos plaas.
Op Walvisbaai het ’n dubbelkajuitbakkie op sy dak beland toe die bestuurder Dinsdag die spoorlyn tussen Narraville en Kuisebmond oorgesteek het en deur ’n aankomende trein getref is.
Die bestuurder, wat alleen in die bakkie was, is vir die behandeling van sy beserings na die Welwitschia private hospitaal op die dorp geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie