Een herstel, drie nuwe gevalle
Een herstel, drie nuwe gevalle

Een herstel, drie nuwe gevalle

Denver Kisting


Denver Kisting – Dr. Kalumbi Shangula, die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, het vanoggend gesê drie nuwe bevestigde gevalle van Covid-19 is in Namibië aangeteken.

Dít bring die aantal bevestigde gevalle op 105 te staan.

’n Totaal van 22 mense het reeds ten volle herstel wat die aantal aktiewe gevalle op 83 te staan bring.

Volgens Shangula is geval nommer 103 ’n 15-jarige Namibiese meisie, wat op 25 Mei vanjaar uit Indië via Suid-Afrika in Namibië aangekom het.

Hoewel haar aanvanklike Covid-19-toets negatief was, is haar kwarantyntydperk verleng omdat sy sedert haar aankoms in kontak was met ’n bevestigde geval.

Geval 104 is ’n man van Walvisbaai (40). Hy is ’n kontak van ’n bevestigde geval, het Shangula gesê.

Die gesondheidsminister sê dieselfde geld vir geval 105.

Dié 43-jarige man is ook van Walvisbaai en ’n kontak van ’n bevestigde geval.

Shangula sê al drie die mees onlangse gevalle is in ’n bevredigende toestand.

Hy sê geval nommer 31 het ten volle herstel en is uit isolasie ontslaan.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2026-07-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer