'Een Afrika'-droom kry gestalte
'Een Afrika'-droom kry gestalte

'Een Afrika'-droom kry gestalte

Vasteland kan nywerheidsrevolusie lei
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher



Die Boston Consulting Group (BCG) se April 2018-verslag lewer bewys van hoe besighede in Afrika besig is om die mark op die vaste­land Afrika te integreer.

Die verslag lê klem op hoe entrepreneurs van die vasteland die menige struikelblokke wat in die verlede in die pad van ekonomiese integrasie gestaan het, oorkom.

Fragmentasie in vele vorme is egter steeds 'n groot uitdaging wat gekompliseer word deur die geografie en ekonomie as knelpunte van lande wat nie beskik oor die kritieke massa om globaal mededingend te wees nie. Ten spyte van hierdie uitdagings, is ekonomiese integrasie nie net 'n realiteit nie, maar is dit besig om momentum te kry met Afrika-besighede wat in Afrika belê en toenemend meer op die vasteland handel dryf en Afrikane wat meer en meer in Afrika reis.

'n Nuwe geslag Afrika-entrepreneurs lei hierdie inisiatief.

Geografiese fragmentasie is een van die uitdagings, want Afrika is uitgestrek met slegs enkele stede wat meer as 4 miljoen mense het. Dié stede is verder verspreid oor die vasteland en direkte vlugte tussen hierdie stede duur gemiddeld 12 ure.

Vergeleke met Europa is sulke verbindings tussen stede wat gesamentlik vir tot 70% van die bruto binnelandse produk (BBP) van die ­betrokke lande verantwoordelik is, minder as 3 ure uit mekaar geleë.

In Suidoos-Asië en Suid-Amerika is die duur van sulke vlugte agt ure, vergeleke met Afrika waar dit tot 15 ure neem om per vliegtuig tussen groot stede te reis.

Afrika het 54 soewereine lande, wat vier keer meer is as in Suid-Amerika en driekeer meer is as in Oos-Asië. Dit impakteer negatief op die onderskeie ekonomieë, met die gevolg dat dit die ekonomieë van tot 24 Afrikalande neem om 1 triljoen Amerikaanse dollar in BBP te genereer – die meeste van enige vasteland.

Europa het een handelsgebied en Afrika het 16 sulke handelsones. Altesaam 80% van Afrikalande vereis ook visums van besoekers.

Infrastruktuur is ewe gefragmenteer en ten spyte van 'n legio infrastruktuur-inisiatiewe soos spoor- en padverbindings, is baie daarvan in 'n baie swak toestand. Dié feit het 'n direkte en negatiewe impak op die koste om in sulke lande sake te doen.

Die BCG bereken dat die gemiddelde koste om goedere op die vasteland te vervoer, gemiddeld 320% van die waarde van sulke goedere is vergeleke met 200% in Suid-Amerika en 140% in Suidoos-Asië en Noord-Amerika.

By geleentheid het 'n kunsmisvervaardiger die “ander” koste van die vervoer van kunsmis van Suid-Afrika tot die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), bereken in terme van die kunsmis self.

Vir elke permit, elke omkoop ensovoorts, is die ekwiwalente gewig aan kunsmis “afgelaai”. Die uiteinde was dat die vragmotor “leeg” in die DRK aangekom het.

Korrupsie, omkopery en die gebrek aan gestandaardiseerde vereistes ten opsigte van vragvervoer, kniehalter die vryer vloei van goedere oor grense.



EKONOMIESE

INTEGRASIE

Ten spyte van hierdie uitdagings, is ekonomiese integrasie in Afrika tog besig om veld te wen en Afrika-besighede gee die pas aan.

Tussen 2006-'07 en 2015-'16 het die bedrag aan direkte buitelandse investering van Afrikane­ in Afrika meer as verdriedubbel van 3,7 miljard Amerikaanse dollar tot 10 miljard.

Samesmeltings en oornames het oor dieselfde tydperk toegeneem van 238 tot 418 per jaar.

Jaarlikse intra-Afrika­ uitvoere het toegeneem van 41 miljard Amerikaanse dollar tot 65 miljard en die aantal toeriste uit Afrika wat in Afrika reis, het van 19 miljoen toegeneem tot 30 miljoen, sê die BCG.

Die vinnige vordering met ekonomiese­ integrasie op pad na die “Een Afrika”-droom word vervolgens toegeskryf aan vier mededingende voordele.

Dit is 'n hernude fokus op en verbintenis aan Afrika, benutting van plaaslike ondervinding en die aanwesigheid van besluitnemers, feite en buigsaamheid om vinnig besluite te kan neem en strategies beter binne die informele aard van besigheid te kan navigeer.

Daarmee saam is daar nie net 'n groter Afrika-voetspoor deur Afrikane in Afrika nie, maar die konsolidasie van besighede het ekonomie van skaal moontlik gemaak.

Drie tipes besighede wat dié pioniers­poging komplementeer is die vinnige ontwikkeling van lugrederye, finansiële instellings wat beter transaksies moontlik maak en telekommunikasie wat markgrense verskuif.

Afrika beskik dus oor die vermoë om die volgende nywerheidsrevolusie te lei.

Kommentaar

Republikein 2024-04-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 30° Rundu: 13° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 15° | 29° Omaruru: 16° | 32° Windhoek: 15° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 20° | 33° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:40, High tide: 05:39, Low Tide: 23:58, High tide: 18:14 Swakopmund: 18° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:37, Low Tide: 23:56, High tide: 18:12 Walvis Bay: 21° | 32° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:36, Low Tide: 23:56, High tide: 18:11 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 20° | 38° Ariamsvlei: 20° | 33° Oranjemund: 16° | 35° Luanda: 26° | 31° Gaborone: 13° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 9° | 23° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 15° | 27° Cape Town: 14° | 23° Durban: 15° | 27° Johannesburg: 14° | 24° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 14° | 25° Harare: 10° | 25° #N/A #N/A