Eden Game Farm wil 10 ollies na Pakistan uitvoer

'Namibië ondersteun nie dieretuine'

14 October 2019 | Omgewing
Francoise Steynberg - Die ministerie van die omgewing en toerisme het bevestig dat 'n aansoek van Eden Game Farm in die Grootfontein-distrik ontvang is om tien olifante na Pakistan uit te voer.

“Die aansoek sal volgens ons wette en beleide oorweeg word. Ons sal ook die huidige regulasies van die Konvensie op die Handel in Bedreigde Spesies (Cites), spesifiek oor die handel in lewende olifante, oorweeg,” het die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, Vrydag gesê.

“Ek ontken enige berigte dat Namibië ingestem het om die uitvoerpermit goed te keur.”

Muyunda het gesê Namibië se bewaringsbeginsels sal ook oorweeg word, “want ons keur nie wilde diere in aanhouding goed nie en ons ondersteun vir seker nie dieretuine nie”.

In 2017 was daar omstredenheid toe Eden Game Farm, in Sweedse besit, vyf babaolifante tussen vier en agt jaar oud na 'n dieretuin in Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) wou uitvoer.

Die Pakistanse dagblad The Express Tribune het berig die Lahore-hoërhof het die Punjab Omgewingsbewaringsdepartement beveel om die sertifikaat sonder beswaar uit te reik dat olifante na die Lahore-dieretuin ingevoer word.

Volgens die koerant het die Namibiese regering vroeër 'n permit vir die diere uitgereik, maar die Cites-permit is nie deur die Pakistanse regering uitgereik nie.

“Die kontrakteur was veronderstel om die diere binne drie maande teen 'n bedrag van Rs50 miljoen aan te koop, maar dit is al vier keer weens vertragings uitgestel,” het Punjab se direkteur van wildlewe, mnr. Naeem Bhatti, aan die Pakistanse koerant gesê.

Die Lahore-dieretuin se enige olifantkoei, Suzi, is in Mei 2017 dood en sedertdien is probeer om nog 'n olifant vir die dieretuin te kry. In Mei is berig Pakistan het slegs een Asiese en vier Afrika-olifante oor.

Al vier die Afrika-olifante is in dieretuine in Karachi.

In 'n geskiedkundige ­verkiesing einde Augustus by Cites se 18de beraad (COP18) in Genève, Switserland, is gestem dat die uitvoer van lewende Afrika-olifante na dieretuine gestop word.

Altesaam 46 Cites-lidlande het ten gunste van 'n verbod op die uitvoer van olifante uit Namibië, Zimbabwe, Suid-Afrika en ­Botswana gestem.

Die lande het spesifiek gestem dat handel in lewende Afrika-olifante tot bewaring in hul natuurlike habitatte beperk word, en effektief die “wrede” praktyk beëindig om olifante te vang en na dieretuine en vermaaklikheidsentrums wêreldwyd te stuur.

Zimbabwe is tans die grootste olifant-uitvoerder in Afrika wat sedert 2012 altesaam 108 olifantkalfies na dieretuine in China uitgevoer het.

Namibië het in 2012 verskeie spesies wild ter waarde van N$7,5 miljoen aan die Nasionale Dieretuinpark van Kuba van sowat 340 hektaar geskenk.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Man met hope wildprodukte vas

1 uur gelede | Misdaad

'n Namibiese man is verlede week op Divundu met 'n groot verskeidenheid beheerde wildprodukte glo in sy besit in hegtenis geneem. Mnr. Katoima Kandunda is...

Vol ambulans bots teen bees

5 ure gelede | Ongelukke

Drie staatspasiënte is vanoggend lig beseer toe ‘n ambulans van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ‘n bees op die hoofpad tussen Otavi en...

Miljoene gevra ná ongeluk leerling eis

15 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – Die ouers van ’n matriekleerling wat in 2016 in ’n motorongeluk dood is en waarin haar vriend ernstig beseer is, dagvaar...

Media 'mishandel' Hage

15 ure gelede | Regering

Denver Kisting – ’n Hoë prys is vir Namibië se demokrasie betaal en strukture mag nie vir persoonlike en politieke gewin misbruik word nie. “Ons...

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

15 ure gelede | Politiek

Bernardus SwartbooiLandless People's Movement (LPM) Bernardus Clinton Swartbooi het weggebreek van Swapo toe hy in 2017 weens kritiek teen die regering gedwing is om as...

Weer vir 11 November 2019

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele tot geïsoleerde donderstorms in die Noorde, Noordooste en oostelike dele. Elders sal dit gedeeltelik bewolk...

Namibië, China se band opnuut gekap

15 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob loop veral in die sosiale media deur nadat China se premier, me. Sun Chunlan, gesê het dié land en...

‘Gevaarlike’ man ná vyf dae aangekeer

15 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Vyf dae nadat ’n man onder polisiebewaking uit ’n hospitaal verdwyn het, is mnr. San Ricky Geingob weer agter tralies.Hoofinsp. Kauna Shikwambi,...

‘Jagter’ se prokureur onttrek

15 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Die sogenaamde jagter wat daarvan beskuldig word dat sy ’n Britse joernalis tydens ’n jag- en visvangsafari ingeloop het, se regsverteenwoordiger het...