Edcon vorder ondanks skuldlas
Die Edcon-groep sukkel steeds nadat hy die afgelope jare swaargekry het weens sy hoë skuldlas, maar volgens Bernie Brookes, uitvoerende hoof, lyk die toekoms rooskleuriger.
Edcon, wat onder meer Jet, Edgars, Boardmans en CNA in sy stal het, het Dinsdag gesê die algehele handelsomgewing vir die drie maande tot einde 24 Desember was steeds moeilik te midde van die swak ekonomie wat verbruikers onder druk plaas.
“Soos verwag, was die laaste kwartaal se vertoning steeds moeilik, maar ons is ingenome dat die vertoning nie so swak was as die eerste twee kwartale van die 2017-boekjaar nie, wat swaar getref is deur die aggressiewe klaring van verouderde voorraad,” sê Bernie Brookes, uitvoerende hoof van Edcon.
Volgens hom is 80% van die verouderde voorraad geklaar en voorraadklarings by Edgars en Jet is voltooi.
Die maatskappy het ook toenemende mededinging van gevestigde mededingers, sowel as nuwe toetreders tot die mark, sê Brookes. Nuwe wetgewing maak dit ook moeiliker om krediet aan klante toe te staan.
Die finansiële herstrukturering van die maatskappy is ook afgehandel. Banke en beleggingsmaatskappye beheer nou die groep nadat hy verlede jaar begin het om sy skuld te herstruktureer.
'n Ooreenkoms is uiteindelik tussen sy krediteure bereik om die maatskappy oor te neem deur hul skuld vir aandele te verruil. Die herstrukturering het Edcon se skuld van R29 miljard tot R7 miljard verminder.
Die maatskappy se aangepaste verdienste voor rente, belasting, depresiasie en amortisasie het met 16,3% van R1,151 miljard in die derde kwartaal van die 2016-boekjaar tot R963 miljoen gedaal in die derde kwartaal van die 2017-boekjaar.
Sy inkomste het met 2% na R8,978 miljard gedaal.
“Kleinhandelverkope in Oktober en November van die huidige kwartaal was onder verwagting, maar handel in Desember 2016 het verbeter en was beter as verwag, grootliks vanweë verskeie handelsinisiatiewe vir piektye wat oor die tydperk bekend gestel is,” sê Brookes.
Brookes sê 2016 was een van die beduidendste in die bykans 90 jaar geskiedenis van die Edcon-groep.
“Vordering is goed en daar is 'n nuwe energie, opgewondenheid en dringendheid onder ons 48 000 werknemers.
Ek is beslis bemoedig dat 'n nuwe en sterk Edcon vinnig sal realiseer en weer die voorste klerekleinhandelaar in Afrika gaan word.” -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie