Ed Sheeran se 'Perfect' gewildste liedjie oor Kerstyd
Daar is nie einde aan die gewildheid van Ed Sheeran se liedjie “Perfect” nie. Dié liedjie is pas aangewys as die 2017 Christmas No. 1 in Brittanje.
Sheeran word ook gehoor op die naasgewildste liedjie wat oor die Kerstyd gespeel is – “River” van Eminem. Laasgenoemde se album Revival was die gewildste oor die Kerstyd, hoewel resensies daaroor in die algemeen nie baie positief was nie.
Sheeran het ses weergawes van “Perfect” gemaak om so te verseker dat hy die wenner is. Daar is die oorspronklike weergawe op die album Divide, ’n akoestiese weergawe, hervermengings deur Robin Schulz en Mike Perry en twee duet-weergawes – een saam met Beyoncé en een saam met Andrea Bocelli.
“Perfect Duet” saam met Beyoncé is op 1 Desember uitgereik en twee weke later “Perfect Symphony” saam met Bocelli.
Vooraf is hard probeer om Wham! se “Last Christmas” na die topposisie op te stoot om George Michael te gedenk wat op Kersdag verlede jaar dood is. Dié liedjie het uiteindelik die derde posisie ingeneem en Mariah Carey se “All I Want for Christmas is You” het die vierde plek gehaal.
Verskeie ou gunstelinge het die lys gehaal. Daar is byvoorbeeld The Pogues se “Fairytale of New York” (nommer 7) en Brenda Lee se “Rockin’ Around the Christmas Tree” op nommer 14. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie