Ed Sheeran gaan SA toe!
Ed Sheeran, daardie gewilde rooikopsanger en kitaarman, gaan vir die eerste keer in Suid-Afrika kom sing.
Hy sal op 23 Maart by die FNB-stadion en op 27 Maart by die Kaapstad-stadion optree.
Die Britse sanger, wat al sowat 40 miljoen albums wêreldwyd verkoop het, het dié goeie nuus Maandag aangekondig.
Sheeran het pas sy toer in sy tuisland voltooi, wat vier uitverkoopte vertonings in die Londense Wembley-stadion insluit. Sowat 1,1 miljoen kaartjies is vir dié toer verkoop, wat dit een van die gewildste toere tot nog toe maak.
Vroeër vanjaar het is Sheeran aangewys as die International Federation of the Phonographic Industry se kunstenaar van 2017 met die beste verkope, ná die vrystelling van sy derde album, Divide. Sowat 15 miljoen van hierdie albums is teen dié tyd al verkoop.
Sy enkelsnit, “Shape of You”, is die derde gewildste enkelsnit tot dusver in Brittanje.
Sheeran het ook al vier Grammy-pryse gewen en het sommer ook ses Billboard-musiekpryse in die sakkie.
Gaan na www.bigconcerts.co.za vir meer inligting. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie