ECN-besluit 'n ramp'

’n Grondwetlike interpretasie het gister ’n storm ontketen.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die hoofverkiesingsbeampte, mnr. Theo Mujoro, sê die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) word gepenaliseer omdat hy die wet toepas.

Dít, sê Mujoro via WhatsApp aan Republikein, “is onregverdig”.

Die ECN het gister ’n oproer veroorsaak toe dit rugbaar word hy het ’n regsmening oor die Grondwet en die kieswet ingewin oor betaalde staatswerkers en lede van die Nasionale Raad (NR), wat planne in die mou voer om deel te word van die Nasionale Vergadering (NV) ná vanjaar se verkiesings.

Volgens dié mening, lui ’n brief van die ECN aan politieke partye, mag dié mense en lede van plaaslike owerhede en streekrade nie hul huidige poste beklee en vir die NV staan nie.

Die politieke ontleder mnr. Graham Hopwood sê: “Streng gesproke is die ECN reg in sy regsinterpretasie.”

Maar, sê hy, die verkiesingsliggaam moes politieke partye vroeër oor die standpunt ingelig het “en vir seker voor hulle hul kieskolleges gehou het. Die ECN het vyf jaar gehad om deur die Verkiesingswet van 2014 te werk en te verseker dit het ’n duidelike regsbegrip van al die afdelings”.

“So, dis regtig sleg aan hulle kant dat hulle nou eers met dié interpretasie vorendag kom,” sê Hopwood.

Syns insiens is dit nie net onprakties nie, maar selfs onregverdig om van mense te verwag om uit hul poste te bedank voor die verkiesing plaasvind.

Die ECN se brief word wyd verstaan om te beteken die geraakte mense moet voor Vrydag die tuig neerlê as hulle dan as kandidate bevestig wil word.

“Dis ’n gemors.”

Volgens die prokureur mnr. Norman Tjombe beteken die ECN se standpunt “dat hulle sal moet bedank uit hul huidige posisies met die hoop dat hulle suksesvol sal wees in hul strewe om lede van die parlement te word. Indien hulle nie suksesvol is in die verkiesing nie, sal hulle alternatiewe werksgeleenthede moet soek.”

Tjombe sê: “Ek twyfel of dié regsmening reg is.”

Mnr. Karel Gaeb, ’n kandidaatprokureur, sê: “Dit is ’n lae hou vir regeringsamptenare. Stel jou voor jy moet letterlik bedank om benoem te word vir ’n setel en aan die einde van die dag maak jy dit nie tot in die parlement nie.”

Gister se nuus het die soeklig veral geplaas op me. Margaret Mensah-Williams, die NR-voorsitter.

Sy het met pres. Hage Geingob se hulp van die 92ste plek op Swapo se NV-lys gespring na die 24ste plek wat die weg vir haar baan om haar buiging in die NV te maak.

Pogings om gister vir Mensah-Williams om kommentaar te nader, was onsuksesvol.

Mnr. Nico Smit, die tesourier-generaal van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), sê: “Dit is ’n katastrofe. Ons het meer as 40 mense op daai lys wat afgehaal moet word.”

Volgens hom moet die NV ontbind word as voornemende LP’s moet bedank. Hy het selfs geëis Geingob moet bedank. “Ons word almal deur die regering betaal, so hoekom die onderskeid tref? Hoekom moet jy nou bedank as jy eers in November sal weet of jy verkies is?”

Smit sê die PDM sal dié aankondiging beveg. Hy wou nie in dié stadium hul plan onthul nie.

Verkiesing ‘in die gedrang’

Intussen het ’n groep kontrakwerkers onder die vaandel van die staatsdienswerkersunie (Napwu) gister oor die etensuur voor die ECN se hoofkantoor in die hoofstad betoog.

In ’n klagskrif wat aan Mujoro oorhandig is, dring die werkers daarop aan om onmiddellik permanent in diens geneem te word of hulle sal verdere stappe doen.

Hulle het die ECN 14 werksdae gegee om op dié griewe te reageer.

Hulle sê hulle is terdeë daarvan bewus dat hul optrede “’n vernietigende impak” op die NV- en presidensiële verkiesings op 27 November sal hê.

Die werkers eis ook dat Mujoro en die ECN se raadsvoorsitter, adv. Notemba Tjipueja, bedank.

Mujoro het gistermiddag toe hy die klagskrif ontvang, gesê hy is seker die ECN-raad sal die griewe oorweeg en spoedig reageer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.92 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 297.97/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0123 | Zinc US$ 2 876.50/T UP 0.07% | Brent Crude Oil US$ 84.79/BBP DOWN -0.0219 | Platinum US$ 946.94/OZ UP +1.30% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.92 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 297.97/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0123 | Zinc US$ 2 876.50/T UP 0.07% | Brent Crude Oil US$ 84.79/BBP DOWN -0.0219 | Platinum US$ 946.94/OZ UP +1.30%