EBank, Pointbreak: FNB Namibia wag nog op goedkeuring
Jo-Maré Duddy – FNB Namibia Holdings het vanoggend opnuut sy omsigtigheidskennisgewing op die Namibiese aandelebeurs (NSX) rakende die verkryging van Pointbreak en EBank hernu.
Die transaksie, ingevolgende waarvan FNB Namibia ‘n 100%-belang in Pointbreak en EBank gaan bekom, is steeds aan die goedkeuring van verskeie regulatoriese owerhede onderhewig, sê FNB Namibia. Dit sluit die Bank of Namibia (BoN), die Namibiese Mededingingskommissie (NaCC) en die Suid-Afrikaanse Reserwebank in.
FNB Namibia is op die plaaslike indeks van die NSX genoteer. Sy totale markkapitalisasie van N$12,705 miljard is die grootste op dié indeks.
FNB Namibia het Woensdag op N$47,48 per aandeel geëindig, bykans 0,2% laer as verlede week se sluitingsprys.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie