EBank ly verlies van bykans N$25,3 miljoen
EBank Limited het vanoggend tydens die vrystelling van sy finansiële resultate gesê die bank se netto verlies van meer as N$25 miljoen vir die jaar tot einde Maart 2016 stem ooreen met sy begrotingsverwagtinge en weerspieël hoofsaaklik die koste verbonde aan die vestiging van infrastruktuur.
Die bank, wat op 1 November 2014 amptelik van stapel gestuur is, het die afgelope boekjaar lenings van bykans N$52 miljoen aan kliënte toegestaan, terwyl deposito's van kliënte amper N$247 miljoen beloop het.
'n Volledige uiteensetting van EBank se resultate verskyn môre in Die Mark.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie