Eagles verdedig topposisie teen Oos-Kapenaars

Afrigter Dee Thakur se manne het sover vier uit vier wedstryde gewen.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Namibië se aanslag op die provinsiale driedagkompetisie hervat vandag wanneer die Eagles vir die eerste keer in 2018 teen die Oostelike Provinsie in Port Elizabeth op die veld stap.

Sarel Burger en sy span is tans die algehele voorloper in die kompetisie en het op merkwaardige wyse hul eerste vier wedstryde op 'n streep gewen.

Noord-Kaap, Oostelikes, Boland en Gauteng moes sover almal die knie buig voor Namibië, wat met 90.68 punte boaan die puntelys is.

Hierteenoor bevind die Oostelike Provinsie hom in die vyfde plek met 41 punte. Die OP was sover in drie onbesliste wedstryde betrokke – tuis teen Vrystaat en Noord-Kaap, asook weg teen SWD.

Die Namibiërs se opgang in die driedagreeks hierdie seisoen is niks minder as meteories nie, nadat hulle in vorige seisoene talle beurtnederlae gely het en onderaan die puntelys geboer het.

Die bestendige kolfwerk van hul staatmakers was tot dusver 'n groot faktor vir die Eagles.

Craig Williams (472 lopies), Stephen Baard (350) en Jean Bredenkamp (314) bevind hulle almal in sterk posisies op die reeks se algehele lys van voorste lopiemakers, terwyl die boulers onder leiding van Bernard Scholtz (20 paaltjies), JJ Smit (15) en Danie van Schoor (13) ook die opposisie geteister het.

Aan die Oos-Kapenaars se kant sal hul steunpilaar Kelly Smuts se paaltjie die mees waardevolle een wees. Die linkshandige kolwer spog reeds met 510 lopies dié seisoen. Hul giftigste bouler sover is die regterarm spoedvraat Tladi Bokako met 19 slagoffers.

Voor die onderbreking vir die feesseisoen het die Namibiërs hul laaste kragmeting teen Gauteng in Windhoek op indrukwekkende wyse met 164 lopies gewen. Dit was 'n tipiese voorbeeld van die onblusbare veggees waarmee die Eagles tans hul krieket benader.

'n Keerpunt was toe die boulaanval dit reggekry het om 'n Gautengse ineenstorting vanaf 163/1 tot 247 almal uit te bewerkstellig. In die tweede beurt was Gauteng se teiken 264 lopies, maar hulle is almal vir 99 uitgeboul.

Uit die laaste Namibiese wedstrydgroep het JP Kotze, Louis-Petrus van der Westhuizen, Tangeni Lungameni en Colin Peake nie hul plekke behou nie.

Geleentheid word gegee aan die studente Gerhard Erasmus (kaptein van Maties se eerste span) asook Niko Davin en Michau du Preez, wat beide aan Pukke verbonde is. Dié drietal het almal tevore Namibië by o.19 Wêreldbekers verteenwoordig en is ook nie onbekendes in die senior groep nie.

Die Eagles-groep: Stephen Baard, Karl Birkenstock, Jean Bredenkamp, Craig Williams, Jan Frylinck, Zane Green (paaltjiewagter), Gerhard Erasmus, Sarel Burger (kaptein), JJ Smit, Bernard Scholtz, Danie van Schoor, Michau du Preez, Tiaan Snyman, Niko Davin.

Vir volgende week se kragmetings teen die Grens in Oos-Londen sal die bouler Tangeni Lungameni die plek van Michau du Preez inneem.



ONDER 19's

Reënweer in Christchurch het gister meegebring dat die Namiërs se finale opwarmwedstryd teen Afghanistan afgelas is sonder dat enige spel moontlik was.

Al die opwarmwedstryde gister het deur die mat geval, in die opbou na die o.19 Wêreldbekertoernooi wat komende naweek 'n aanvang neem.

Namibië open sy toernooi Saterdag teen Bangladesj en speel twee dae later teen Engeland. Hul laaste groepwedstryd is volgende Donderdag teen Kanada, waarna die uitklopfase vir finale posisies begin.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%