Eagles veg vir oorlewing
Skotland se koue nattigheid is tot dusver 'n kenmerkende eienskap van die toer.
Andrew Poolman - ’n Tweede nederlaag teen Skotland in vandag se tweede eendagwedstryd sal vir die Namibiese krieketspan ernstige gevolge inhou.
Namibië bevind hom reeds in die laaste plek op die puntelys van die Wêreldkrieketliga en as kaptein Sarel Burger-hulle nie vandag die knoop deurhaak nie, is relegasie na afdeling 2 hul voorland. Dit sal ’n verdere hekkie in hul pad plaas om vir die 2018 Wêreldbeker te kwalifiseer.
Skotland se berugte koue, nat weer was gisteroggend ’n faktor toe Namibië die eerste eendagwedstryd in Edinburgh verloor het.
Die wedstryd is gister op die reserwedag voltooi nadat dit reeds Sondag begin het, met reënweer wat op die eerste dag gereeld die spel onderbreek het. Die wedstryd is gevolglik tot 43 boulbeurte per span (eerder as 50) ingekort.
Skotland het sy kolfbeurt op 268 vir vyf afgesluit, wat op ’n honderdtal deur Richie Berrington (110 van 90 balle) gebou was. As kolwer nommer vyf het hy met vyf viere en vier sesse deurgaans aanvallend gekolf. Die voormalige kaptein Preston Mommsen het hom met 49 nie uit nie (35 balle, 4x4 1x6) ondersteun.
Christi Viljoen het as eerste aflosbouler die deurbraak in sy eerste boulbeurt gemaak om albei aanvangskolwers Matt Cross (21) en die kaptein Kyle Coetzer (15) deur JJ Smit te laat uitvang. Viljoen het met 2/43 in sy 9 boulbeurte klaargemaak, terwyl Smit ook beloon is (2/55 in 9 bb).
Sondagmiddag het Stephen Baard (6*) en Louis-Petrus van der Westhuizen (20*) tot 26 sonder verlies gevorder voordat reën opnuut tussenbeide getree het om die wedstryd tot die reserwedag te laat oorloop.
Gisteroggend het die Skotte nie lank te gewag het nie voordat sowel Baard (12) en Van der Westhuizen (33) uitgehaal is om Namibië op 47/1 en 48/2 te stuit.
Toe Craig Williams (4) en Jan Frylinck (0) beide goedkoop val, het Namibië skielik op 56/4 gesteier.
“Oggendtyd (gister) was dit baie moeilik, erg koud en baie winderig. Om vier paaltjies in 30 balle te verloor, gaan dit altyd moeilik maak. Toe die wind gaan lê en die son sy kop wys, was die kolftoestande relatief maklik, maar die manne moes steeds al hoe harder gaan (omdat die vereiste lopietempo vinnig begin klim het),” het spanbestuurder Andre Schmidlin agterna gesê.
Die opbouende druk van die telbord het algaande klaargespeel met Gerhard Erasmus (35 van 58 balle, 1x4 2x6), Christi Viljoen (18), Sarel Burger (12) en Zane Green (12).
Hoewel JJ Smit (30 van 26 balle, 2x6) en veral Zhivago Groenewald (42 van 20 balle, 4x2 2x6) die kastaiings uit die vuur probeer krap het, was die agterstand reeds te groot. Namibië is op 217 almal uitgeboul en het met 51 lopies verloor.
• Verlede week se vierdagwedstryd in die Interkontinentale Beker het Vrydag onbeslis geëindig. Twee volle dae het uitgereën en gevolglik was die puik kolfwerk van Jan Frylinck (158), Stephen Baard (88) en Christi Viljoen om 403/7 in een dag op te stel, pure verniet. Op die laaste dag het Skotland op 223/2 geëindig (George Munsey 100*).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie