Eagles trek noustrop
Met die eendagreeks nou gelykop, is die tafel môre vir selfs die kieskeurigste fynproewers gedek.
Tielman van Lill – Die hoë verwagtinge dat Namibië reeds gister die eendagreeks teen 'n Ontluikende Suid-Afrikaanse span sou beklink, het onverwags verdwyn en die reeks is skielik springlewendig met môre se bepalende ontmoeting wat voorlê.
Die Eagles (139 almal uit) kon gister nie die mas opkom in die tweede Castle Lite-eendagwedstryd by Wanderers nie, nadat hulle die toerspan vir net 'n beskeie 196 uitgeboul het.
Die Eagles het die loot gewen en soos Dinsdag besluit om eerste veldwerk te doen. Die kolfblad wat die draaiboulers bevoordeel het, het vir vyf paaltjies tussen Nicol Loftie-Eaton (3/37 in 8, teen 4.62), Gerhard Erasmus (1/18 in 3 teen 6.00) en Bernard Scholtz (1/30 in 10) gesorg.
Met die SA span op 118/5 ná die 30ste boulbeurt, wou dit lyk of hulle weer vir 240 lopies kon mik. Maar met goeie boulwerk en puik veldplasings smyt die besoekers hul laaste vyf paaltjies vir 'n karige 78 lopies weg. Hoewel die Eagles die groen Proteas vir 196 almal uitboul (45.5 boulbeurte), kon die Eagles dié keer nie die uitklophou met die kolf plant nie.
Stephen Baard, wat saam met Zane Green die Eagles se beurt geopen het, is die enigste topkolwer wat lopies kon maak. Baard slaan 37 van 34 aflewerings (6x4, 1x6) voor hy deur Wandile Makwetu agter die paaltjies uitgevang word.
Die Eagles steier onverwags tot 5/70 en verloor nóg drie paaltjies vir slegs 51 lopies. Ruben Trumpelmann op nommer nege het sy bes saam met Scholtz op tien (5* van 11 b, 1x4) en Ben Shikongo op elf (2 van 8 b) gelewer, maar hy word vir 28 (45 balle, 4x4) uitgevang.
Vir die SA span was Stefan Tait die giftigste met 5/27 in 8.4 boulbeurte teen 3.11 wat aan hom die speler van die wedstrydtoekenning besorg. Hy is goed deur Delano Potgieter (2/23 in 6 teen 3.83, 1 leeg) en Dayyaan Galiem (2/44 in 10) ondersteun.
Val van paaltjies vir Ontluikende SA: 1/32 (Joshua Richards, 6.5 boulbeurte), 2/61 (Grant Roelofsen, 15.1), 3/67 (Matthew Breetzke, 16.4), 4/101 (Sinethemba Qeshile, 24.3), 5/106 (Kabelo Sekhukhune, 26.2), 6/127 (Wandile Makwetu, 34.2), 7/143 (Delano Potgieter, 37.4), 8/171 (Dayyaan Galiem, 41.5), 9/172 (Gregory Mahlokwana, 42.3), 10/196 (Jason Smith, 45.5).
Val van paaltjies vir Eagles: 1/54 (Stephan Baard, 8.4), 2/62 (JP Kotze, 9.6), 3/63 (Zane Green, 10.4), 4/69 (Gerhard Erasmus, 12.6), 5/70 (Craig Williams, 14.1), 6/75 (Nicol Loftie-Eaton, 16.3), 7/80 (Jan Frylinck, 17.1), 8/121 (JJ Smit, 23.5), 9/133 (Ruben Trumpelmann, 28.3), 10/139 (Ben Shikongo, 30.4).
• Spel in môre se beslissende laaste wedstryd van die toer begin om 10:00. Namibië het reeds die T20-reeks met 2-1 beklink.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie